Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Reünie is uit, kospakkies in

Die Hoërskool Weston se matrieks van 1995 het beplan om hul 25ste reünie einde Maart te hou.

Nadat die byeenkoms gekanselleer is weens die nasionale inperking het die groep oudleerders besluit om in dié moeilike tyd hand by te sit en na die gemeenskap uit te reik.

“Die groot byeenkoms was vir Sater­dag 28 Maart beplan en toe gebeur die inperking. Ons was só opgewonde om weer ou kennisse te sien – sommige die eerste keer ná 25 jaar,” verduidelik een van die klasmaats, wat verkies om nie haar naam te noem nie. Volgens haar is die groep nie op soek na erkenning nie, maar wil hulle liewer ander aanspoor om ook te help waar hulle kan.

Op die 21ste dag van die inperking kry die oudmatrikulant ’n noodroep vir ’n kospakkie van iemand in Saldanha.

“ ’n Jong ma met ’n vyfjarige en nege maande oue baba was in nood en het kos en doeke nodig gehad. Ek sit toe die versoek op die matriek-reüniegroep in die hoop dat iemand my kan verwys na die regte mense, maar my medeleerders bied almal hulp aan.

“Een uit die Kaap koop ’n aanlyn geskenkbewys, nog een uit Hopefield stuur ’n paar rand, twee uit Vredenburg stuur ook ’n paar rand, een uit St. Helenabaai het ’n kospakkie by die vrou se huis laat aflewer en ’n paar dae later stuur nog een uit Vredenburg ’n kospakkie.

“Ons het tot dusver 63 gesinne in George Kerridge, 30 mense in Saldanha en Vredenburg en nog 20 gesinne word weekliks in Hopefield met kospakkies gehelp,” vertel die vrou.

Sy vertel die klas van 1995 se reünie het toe net daar in iets baie meer spesiaal verander en nie eens die grendeltyd kon hul gees demp nie.

Die groep beplan om hul reünie te hou wanneer byeenkomste weer toegelaat word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.