Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Ridder’ sê oor lewe as getroude

Die Vredenburgse paartjie wat voor juigende toeskouers en flitsende selfoonkameras in die Weskus Mall in 2018 verloof geraak het, het onlangs hul tweede huweliksherdenking gevier.

Wesley Stipps (33) vertel dat die huwelik met sy vrou, Madelize Stipps (31), alles is wat hy gedroom het dit sou wees.

“Ons huwelik is geseënd, alles te danke aan die Here,” sê hy bloesend verlief. Die troue het op Saterdag 10 Maart 2018 in Langebaan plaasgevind.

Dit nadat Wesley Maandag 22 Januarie 2018 vir Madelize voor ’n roltrap in die Weskus Mall met ’n romantiese huweliksaanbod verras het. Madelize, wat by Pick n Pay gewerk het, het ’n bos rooi rose ontvang voor Wesley van die roltrap afgekom, op een knie afgesak en haar gevra het om te trou.

Mall-besoekers, veiligheidsbeamptes en kollegas was saam met die paartjie opgewonde en die romantiese gebeurtenis het Weslander se voorblad gehaal.

“Ek was geskok en baie excited, alles in een. Ek het so gebewe ek kon nie ’n woord uitkry nie, toe steek ek maar my hand uit en hou dit sodat hy die ring kan aansit,” het Madelize destyds aan Weslander verduidelik.

By die troue, maande later, was daar vir meer as 100 mense daardie dag gespysenier.

“Die kos was baie lekker,” onthou Wesley. Hy spreek ook lof uit teenoor Waschklip vir die gerieflike plek, die mooi uitsig en die gaste wat die dag saam met hulle geniet het.

Wesley glo dat “kommunikasie en vertroue” sleutelkonsepte is vir ’n gelukkige huwelik. “Dis dít wat ons huwelik so lekker maak.”

Die paartjie het hul wittebrood by ’n gastehuis in Saldanha deurgebring vir ’n aand. ’n Langer wittebrood is wel in die pyplyn, sê Wesley.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.