Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Roekelose optrede?

– Vervolg van bl. 1

Volgens Mike Shaw, bevelvoerder van die NSRI-Mykonos, is drie beseerdes na die hospitaal geneem. Die man wat op die boot vasgekeer was, se toestand was kritiek. ’n Tweede man en ’n vrou wat gehospitaliseer is, se toestand was in daardie stadium ernstig maar stabiel.

Daar was blykbaar nog mense op die boot wat net lig beseer is, maar dit kon nie bevestig word nie.

“Ek het Maandag die Vredenburg-hospitaal gebel om te hoor of die man (met die gebreekte bene) nog leef,” sê Bester. “Daar is aan my gesê hy is na die Groote Schuur-hospitaal oorgeplaas. Die vrou het blykbaar in ’n koma verval.”

Bester het uitgevind die beseerdes is besoekers en nie plaaslike inwoners nie.

Weslander kon teen druktyd nie die identiteit van die beseerdes en hul huidige gesondheidstatus bevestig nie.

Bester voel daar is roekeloos en nalatig opgetree en dat die ongeluk ondersoek moet word. Kapt. Tania Helfrich, plaas­like polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Weslander gesê dat geen saak tot op hede by die polisie aanhangig gemaak is nie. Sy het wel gesê die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid (Samsa) sal die saak ondersoek. Jacques van Zyl, staatsaanklaer by die Vredenburg-hof het verduidelik dat sou een van die beseerdes sterf, ’n dossier van strafbare manslag aangelê kan word. Hy het ook genoem die ongeluk behoort binne die regsgebied van Samsa te wees en dat die Bergrivier-muni­si­paliteit ook moontlik sal kan op­tree met betrekking tot oortreding van ’n munisipale regulasie.

Weslander het onlangs geskryf oor nuwe wette vir die verantwoordelike gebruik van die Berg­rivier. Hierdie regulasies het op 1 Septem­ber vanjaar in werking getree.

Die regulasies vereis onder meer dat almal wat bote op die rivier gebruik, dit op ’n bedagsame manier doen en nie ’n oorlas van hulself maak nie. Niemand mag ’n boot so bestuur dat dit ander mense of eiendom in gevaar stel nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.