Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rol jou mou op en word ’n bloedskenker

Die Wes-Kaapse Bloeddiens (WKB) wil graag almal wat kwalifiseer om bloed te skenk, aanmoedig om in Julie iemand se held te wees deur bloed te skenk.

Rol jou mou op en skenk bloed – dit sal slegs 30 minute van jou tyd in beslag neem, maar sal ’n lewensveranderende impak op iemand anders s’n hê.

Met die klem wat op Mandeladag op 18 Julie val, wil die organisasie graag ’n beroep doen op getroue en nuwe skenkers om 30 minute van jou 67 minute te gebruik om die lewe van drie mense te red. Jy kan 56 dae ná Mandeladag weer bloed skenk .

“Ons het almal in die Wes-Kaap wat kwalifiseer om bloed te skenk, nodig om die moue op te rol en iemand se superheld te wees. As ’n superheld sal die WKB jou ’n paar sokkies gee as ’n teken van ons waardering wanneer jy kom bloed skenk,” sê Michelle Vermeulen, skakelbeampte van die WKB.

Om bloed te skenk, moet jy tussen 16 en 75 jaar oud wees, meer as 50 kg weeg, goeie gesondheid geniet en ’n veilige seksuele leefstyl lei.

Vir meer inligting oor hoe jy ’n lewe kan red, SMS “Bloed” na 33507, skakel die WCBS by 021 507 6300, stuur e-pos na info@wcbs.org.za of besoek www.wcbs.org.za. Besoek ook die Facebookblad (@TheWCBS), Twitter (@The_WCBS) en Instagram (@thewcbs) vir die nuutste bloedvoorraad en ander interessante feite oor bloedskenking.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.