Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rowers jaag met werker se motor weg

Die Mega Metals-winkel in Velddrif het Dinsdagoggend onder ’n gewapende rooftog deurgeloop.

Vier mans het by die winkel ingestap en die personeel met ’n vuurwapen gedreig, waarna hulle met onder meer R15 000 in een van die werknemers te motor gevlug het.

Dottie Visser sê een van die rowers het ’n vuurwapen teen haar verloofde, Boetie Groenewald, se kop gedruk. Die rowers het sy selfoon en beursie afgeneem voordat hulle Groenewald se motorsleutels gevat en in sy Nissan Micra weggejaag het.

Kapt. Tania Helfrich, die plaaslike polisiewoordvoerder, het Dinsdagmiddag laat weet die Nissan Micra is later die oggend teruggevind.

Die rooftog word deur die Laaiplek-polisie ondersoek.

Visser, wat by die ander Mega Metals-tak in Vredenburg werk, sê dit was ’n groot skok toe sy Dinsdagoggend die slegte nuus ontvang. Groenewald is genadiglik ongedeerd, maar “dis baie traumaties vir ons”, het Visser erken.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.