Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Saak van klein Leo Williams nou in gevorderde stadium

Die gemeenskap van Laingville in St. Helenabaai het Saterdag 5 September ’n vreedsame betoging gehou waarin ’n memorandum aan die plaaslike polisie oorhandig is.

Dié betoging kom ná die die skietdood van Leo Williams, ’n negejarige seun van Laingville wat tydens betogings einde Julie, wat ses dae geduur het, raakgeskiet is terwyl hy in sy oom se woning rustig televisie gekyk het. Leo is deur ’n dwaalkoeël getref wat na bewering deur ’n polisiebeampte afgevuur is. In die memorandum vra die gemeenskap dat die stasie­- en adjunkkluster-bevelvoerder aangekla moet word en dat daar “drasties teen hulle opgetree moet word omdat hulle die aanhitsers van dié tragiese gebeure was”.

Die gemeenskap dring ook aan dat die stasiebevelvoerder van sy pos onthef moet word omdat hy “weier om saam met die gemeenskap te werk” en dat die gemeenskapspolisiëringsforum onmiddellik ontbind moet word. Intussen het Weslander verneem die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat se ondersoek is in ’n “gevorderde stadium”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.