Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sagmoedige inwoner van Porterville vier 100ste verjaardag

Nederig, sagmoedig en altyd bedag.

Hierdie woorde is deur vriende en kennisse gebruik om tannie Hettie Kellerman van Porterville te beskryf – ’n vrou wat gebore is in ’n tyd toe perdekarre nog gebruik is.

Sy het Saterdag 28 Julie ’n eeu op aarde gevier. Dis ’n besondere mylpaal wat nie vir almal beskore is nie en een wat gewis nie verby mag gaan sonder ’n ordentlike partytjie nie.

Tannie Hettie is sedert 2012 ’n inwo­ner van Huis Nerina in Porterville en die personeel en inwoners het Vrydag vir haar ’n intieme partytjie gehou met ’n indrukwekkende verjaardag­koek om haar spesiale dag te vier.

“Sy kon nie uitgepraat raak oor hoe lekker dit was en hoe baie sy alles waardeer nie,” het Anita Odendaal, bestuurder van Huis Nerina, gesê.

Anita kan ook getuig van tannie Hettie se saggeaarde en opregte karak­ter en sê die ander inwoners is almal “baie lief vir haar”. Dan haal sy Matteus 5:5 aan: “Salig is die sagmoe­diges, want hulle sal die aarde beërwe.”

Volgens Anita is tannie Hettie se gesondheid nog goed en sy het tot so onlangs soos drie maande gelede nog ver ente geloop. Anita sê tannie Het­tie maak sedertdien gebruik van ’n rolstoel.

Saterdag is die verjaardagvieringe voortgesit met ’n geselligheid gereël deur tannie Hettie se familie.

Porterville-toerisme het tannie Hettie op sy Facebookblad vereer deur haar geluk te wens met haar 100ste verjaardag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.