Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sassa-kantoor nou op nuwe perseel

VREDENBURG – Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het ’n nuwe perseel in Vredenburg gevind.

Dít kom nadat die kantoor sedert die begin van die Covid-19 inperking gesluit is.

Volgens Shivani Wahab, ’n senior woordvoerder van die agentskap, is bedrywighede na die Skilpadsaal by die dorp se sportterrein verskuif.

Dit is weens die ou kantoor wat te klein was om verpligte Covid-19-veiligheidsmaatreëls, veral die handhaaf van die verpligte veilige afstand van 1,5 m, toe te pas.

Wahab het met die begin van die inperking verduidelik die ou kantoor is te klein om die personeellede en kliënte te huisves.

Daar is aanvanklik gekyk om bedrywighede na die Louwville-gemeenskapsaal te verskuif, maar die saal was aanvanklik nie beskikbaar nie.

“Sedert Woensdag 1 Julie is die plaaslike Sassa-bedrywighede by die Skilpad-saal volstoom aan die gang,” sê Wahab.

Bedrywighede in Langebaan en Hopefield gaan ook voort.

Maandag en Dinsdag word aansoeke om ouderdomstoelae deur beamptes hanteer en Woensdag en Donderdag word aansoeke om kinder-ondersteuning hanteer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.