Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
SBM-oord gaan ‘agteruit’

Die Saldanhabaai-vakansieoord is onder die vele plaaslike trekpleisters vir besoekers aan die Weskus.

’n Gereelde besoeker het Weslander egter onlangs gekontak oor die toestand van huisies by die Saldanha-vakansieoord, waar hulle gereeld kuier. “Ons gaan gereeld na Saldanha-kamp toe. (Ons) kuier altyd baie lekker, maar die foto’s – van die strand se kant af geneem – wys hoe sekere van die huisies baie agteruitgegaan het. Het die munisipaliteit nie geld nie, of nie die wil nie?” wou dié besoeker weet. By navraag het die Saldanhabaai-munisipaliteit laat weet hy het planne om die wooneenhede op te gradeer. Ethne Lawrence, die munisipale woordvoerder, het verduidelik die proses om ’n kundige vir die herstelwerk aan te stel, het reeds begin.

“’n Proses is aanvanklik begin vir die aanstelling van ’n kontrakteur vir die herstel en instandhouding van munisipale geboue. Ongelukkig, as gevolg van uitdagings wat in hierdie proses ondervind is, kon die herstelwerk aan die dak nog nie begin nie,” het sy laat weet.

“Huidiglik is ’n proses aan die gang vir die verkryging van kwotasies vir die herstel en onderhoudswerke by die oord.”

Die Saldanha-vakansieoord word ook tans as ’n Covid-19-fasiliteit gebruik waar inwoners veilig in afsondering kan herstel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.