Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
SBM sê oor pompstasie

Inwoners van Diazville, Saldanha, het onlangs by Weslander kom kla oor die ondraaglike stank en vlieëplaag van die pompstasie in Ferrystraat wat die afgelope paar weke probleme ervaar het.

Ethne Lawrence, die Saldanhabaai-munisipaliteit (SBM) se woordvoerder, het die volgende terugvoering aan Weslander gestuur:

“Die pompstasie het sedert 9 Januarie 2020 probleme ervaar. Ons (SBM) is nie bewus van ‘gereelde probleme’ by die pompstasie nie en ons is ook nie deur die gemeenskap ingelig oor enige probleme nie.

“Die pompe by die pompstasie is nagegaan en daar is ou stukke lap en ander voorwerpe in een van die pompe gevind, wat veroorsaak het dat die pomp nie optimaal werk nie.

“Hierdie pomp is verwyder en gestuur om herstel te word.”

Lawrence het Dinsdag aan Weslander gesê dat die diensverskaffer die herstelde pomp reeds teruggebring en dit Woensdag 29 Januarie by Ferrystraat se pompstasie geïnstalleer het.

“As gevolg van beurtkrag gebruik ons steeds die suigvragmotor om te verseker dat die pompstasie nie oorloop as die pompe nie kan aanskakel nie,” het Lawrence verduidelik.

In die tyd toe die pompstasie net een werkende pomp gehad het, het SBM van ’n diensverskaffer gebruik gemaak om met die pomp van riool te help.

Volgens Lawrence het die SBM ook sy rioolvragmotor elke oggend en aand gestuur om te verseker dat die riool nie oorloop nie.

“Geen riool het oorgeloop nie en die werkers was gereeld daar om die rioolvlakke te monitor,” sê sy.

“Voor 2018 het die pompstasie baie probleme ondervind aangesien die invloei te veel was. Vandaar is die konstruksie van nuwe infrastruktuur van stapel gestuur om druk op die pompstasie te verlig en sedert Januarie verlede jaar (2019) loop die stasie klopdisselboom.

“Die instandhouding van pompstasies word daagliks volgens ’n rooster gedoen, waar die 19 pompstasies in die onderskeie dorpe binne die SBM se gebied gekontroleer en skoongemaak word. Die grootskaalse opgradering van infrastruktuur in 2018 het behels dat riool nou in Diazweg na die nuutgeboude riooluitgangslyn gelei word en sodoende die Ferrystraat-pompstasie omseil.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.