Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
SBM word ondersoek

President Cyril Ramaphosa het die spesiale ondersoekeenheid (SOE) gemagtig om beweerde ongerymdhede by die Saldanhabaai-munisipaliteit (SBM) te ondersoek.

Hierdie nuus is bekend gemaak in kennisgewing R39 van 2020 wat Donderdag 24 Desember verlede jaar in die Staatskoerant gepubliseer is.

Volgens die proklamasie het Ramaphosa dit nodig geag “dat die aantygings wat teen die munisipaliteit gemaak is, ondersoek moet word en dat moontlike siviele verrigtinge wat daaruit voortspruit, besleg word”.

Die SBM het intussen ’n verklaring op sy Facebookblad sowel as sy webtuiste geplaas, waarin die munisipaliteit bevestig hy is bewus van dié kennisgewing.

“Die Staatskoerant dui aan dat die ondersoek verband hou met die kontraktering van veiligheidsdienste deur of namens die munisipaliteit in verband met die aanbodnommer SBM 45/17/18, en betalings wat ten opsigte daarvan gemaak is,” aldus SBM se verklaring wat op 5 Januarie uitgereik is.

Die president se opdrag aan die ondersoekeenheid, volgens die kennisgewing, sluit ook ’n ondersoek in na bewerings van ernstige wanadministrasie, asook onbehoorlike en onwettige optrede deur sommige van die amptenare of werknemers van die munisipaliteit.

Dit strek ook tot die beweerde onwettige bewilliging vir besteding van openbare geld en opsetlike of nalatige verlies aan openbare geld.

In die munisipaliteit se skrywe in reaksie op dié kennisgewing word verduidelik dat die SBM “nog geen formele kommunikasie” van die SOE ontvang het nie.

“Ná ontvangs van amptelike kommunikasie of ’n opdrag van die eenheid, sal die munisipaliteit ten volle met die eenheid saamwerk en alle nodige inligting verskaf. Die SBM is trots op sy skoon en deursigtige administrasie en wil graag die geleentheid gebruik om dit aan die ondersoekeenheid en die publiek te bewys.”

Erik Marais, kiesafdelingshoof van die Demokratiese Alliansie (DA) in Saldanhabaai, het in ’n persverklaring met betrekking tot die betrokke ondersoek gesê die DA “verwelkom enige ondersoek na onwettige praktyke en ons sal dus ten volle met die SOE se ondersoek saamwerk.

“Die DA glo in die oppergesag van die reg en dat diegene wat die wet oortree, verantwoordbaar gehou moet word,” het hy gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.