Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sea Harvest spog met van die gesondste personeel

In Maart verlede jaar het Annchen Weidemann, praktiserende dieet­kun­dige van Vredenburg, en Sea Harvest (Pty), hande gevat, deur die bemid­deling van Incon, ’n gesondheidsmaat­skappy van Kaapstad. Sea Harvest se Belinda Rhode het die fasiliteerwerk gedoen.

Met ’n groeiende oormassa-taakmag wat al hoe meer medikasie begin gebruik, het Sea Harvest besluit om meer te doen om die gesondheid van sy werkers te bevorder.

Die werkers moes eers bewus gemaak word van die voordele van die beplande inisiatief sodat hulle uit eie wil kon aansluit.

Annchen en Belinda het verskeie motiverende praatjies en byeenkomste gehou en van die agt aanvanklike belangstellendes, is daar vandag bykans 50 werksmense wat ten volle hulle gewig by die gesonde leefstyl-inisiatief ingegooi het.

Die meeste van die werkers het ’n individuele konsultasie met Annchen gehad om hulle unieke situasie te bespreek en vrae te vra oor hulle eie leefstyl.

Annchen het ook die riglyne vir dieet-aanpassings gestandaardiseer sodat almal saam stem. Sy is tweeweekliks vir die dag- én nagskofwerkers beskikbaar gewees om hulle vordering te monitor.

Almal was ook op ’n WhatsApp-groep met mekaar in verbinding.

Die 2019-afsluiting vir die leefstylinisiatief is op 12 Desember gehou en die vier wenners van die jaar is aangekondig.

Juleiga Vraagom was die algehele wenner met Amada Jacobs, Welda Louw en Tamsin Williams kort op haar hakke. Met haar wentoespraak het Juleiga gesê toe sy met die inisiatief begin het, haar motivering was om ’n tweestuk-swemdrag op die strand te kan dra. Tydens haar wen het sy sowaar die tweestuk uit ’n inkopiesak gehaal om aan almal te wys.

Amanda en Tamsin het vertel hoe hulle motivering toegeneem het soos die inisiatief gevorder het en Welda het vir ’n paar maande opgehou vervoer gebruik vir werk. Sy stap elke dag.

Op 7 Oktober het die deelnemers by die Saldanha Fitness Centre van Andrew Blake en sy vrou, Lorna aangesluit, en dit het die inisiatief waarlik afgerond. Die Blakes gee spesiale aandag aan diegene wat dit benodig en laat die groep gereeld goeie afstande stap. Die inisiatief gaan in 2020 volstoom voort, en ’n sewedag-uitdaging in Februarie word beplan om die jaar met goeie motivering af te skop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.