Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sea Harvest toets werkers eers; wil self entstof koop

Werkers wat ná die feestyd na Sea Harvest terugkeer, word met die intrapslag vir Covid-19 getoets.

Werkgewers streef weens talle Wes-Kaapse distrikte wat amptelik as brandpunte van die Covid-19-pandemie geklassifiseer is, daarna om te verseker dat die virus nie in werksplekke versprei nie.

Die Saldanha-visfabriek is die grootste plaaslike werkverskaffer en is ook as ’n noodsaaklike diens geklassifiseer. Daarom meen die bestuur dit is uiters belangrik dat die meer as 2 000 werkers korona-vry moet wees voordat hulle na hul werk terugkeer.

“Dit is ná die twee weke waarin mense vakansie gehou het, belangrik om te verseker ons onderneming word nie ’n brandpunt vir Covid-19 nie. Die idee is om die virus te keer voordat dit ons fabriek binnedring om oordrag van Covid-19 binne die werksplek te vermy,” verduidelik Terence Brown, Sea Harvest se bestuurshoof.

’n Toetssentrum is dus op die perseel ingerig waar alle werkers, insluitend kontrakteurs, getoets word. Teen Dinsdag is meer as 2 000 Covid-19 Antigen- versnellende toetse rapid testing deur ’n span van 20 verpleegsters in die eerste twee weke van die jaar gedoen.

Volgens Brown is 52 positiewe Covid-19-gevalle gevind, met 80% van dié gevalle wat A-simptomaties was.

Die werkers moet eers ’n Covid-19-vraelys invul, waarna almal ’n versnellende toets voltooi.

Dit neem sowat 15 minute om die uitslae van dié toetse te kry, wat beteken enige nodige stappe kan onmiddellik geneem en in werking gestel word.

Die toetse is deel van Sea Harvest se Covid-19-plan wat die bestuur sedert die begin van die pandemie ingestel het.

Weens die tweede golf van die pandemie wat tans posvat, is dit ook belangrik om Sea Harvest se bedrywighede vir ekonomiese redes aan die gang te hou, verduidelik Brown. Daarom ondersoek die maatskappy ook die moontlikheid om self Covid-19-entstowwe aan te skaf.

Volgens Brown het hulle in hierdie stadium nie klarigheid oor die aanskaf van entstowwe deur die private sektor nie, maar die maatskappy ondersoek dit.

“Entstowwe, net soos die toetse wat ons tans doen, sal onder meer help om die druk op die gesondheidstelsel te verlig. Samewerking tussen die openbare en private sektor moet geskied om die verspreiding van die virus te voorkom. Indien Sea Harvest ’n gevallestudie vir hierdie soort samewerking word en só ’n voorbeeld van uitmuntendheid stel, sal dit ander ook kan baat,” meen Brown.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.