Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Seënwense vir die 2019-feestyd

Geagte Bergrivier-inwoners,

Ons is ’n paar dae weg van ’n nuwe jaar en kan terugkyk na waar ons gefaal het, maar ook waar ons geseëvier het. U kan voel dat mense u seergemaak het deur woorde of dade en u kan ook dink of u dit dalk aan iemand anders gedoen het.

Vergeet wat in die jaar gebeur het en bou op volgende jaar, maar ons moet dit saam met God doen. Glo in God en vertrou op God en Hy sal u vorentoe seën. Wees lief vir almal om u en wys aan diegene wat soos vyande voel dat u lief is vir hulle.

Hiermee wil ons alle ouers gelukwens met hul kinders se slaagprestasie en mag hulle volgende jaar ook goed presteer. Diegene wie se kinders nie suksesvol was nie, sterkte vir u en mag hulle volgende jaar ons almal verkeerd bewys. My gebed is ook dat ons matrikulante van Bergrivier almal suksesvol sal wees wanneer hulle hul uitslae ontvang. Hiermee wil ek alle onderwysers bedank vir hul onbaatsugtige diens aan ons kinders.

Ons kondig trots aan dat die Bergrivier-munisipaliteit die vierde agtereenvolgende jaar weer ’n skoon oudit ontvang het. Ek bedank ons burgemeesterskomiteelede vir hul aandeel aan die sukses van ons ouditverslag asook die munisipale bestuurder, direksie en elke amptenaar en werker van Bergrivier – julle verdien elkeen ’n klop op die skouer vir jul harde werk en bestuur.

Ons kan met trots sê dat ons gemotiveerde mense in die Bergrivier het. Ons erken ook dat daar baie ongelukkigheid in ons gemeenskappe is, soos uitstaande antwoorde, vuil strate en openbare ruimtes. Wyksraadslede beplan Kers-etes vir bejaardes in hul onderskeie wyke in Desember. Ek doen ’n beroep op ons bejaardes om in te skakel by dié gesellighede. Die wyksraadslede gaan ook vir ’n aantal kinders in hul wyke, wie se ouers nie so bevoorreg is nie, geskenke gee. Enigiemand wat die wyksraadslede wil ondersteun, kan met my kantoor in verbinding tree. Elke skenking sal waardeer word.

Ek gee ook erkenning aan elke vrou in Bergrivier vir u bydrae tot die bou van ons gemeenskappe. Vroue is die steunpilaar van ons gemeenskap, huishoudings en gesinne. In die afwesigheid van mans op baie gebiede is dit die vroue wat die voortou neem en die leisels hou. Dankie vir jul onbaatsugtige diens in jul omgewing. Kinders, wees lief vir jul mammies en luister na hulle.

Ek wens elke inwoner ’n geseënde feestyd toe en mag 2020 vir u groot dinge inhou. Geniet die Kersfees- en Nuwejaars­vieringe en doen dit waar ons mekaar respekteer en liefde betoon. Gee ook om vir hulle wat nie so bevoorreg is nie en deel met hulle.

Diegene wat reis – hou matigheid voor oë en rus genoeg as u ver ry.

My boodskap aan inwoners en besoekers – moenie nuus maak wat jy nie môre self kan lees nie. Besoekers, geniet die mooiheid van ons omgewing en gasvryheid van ons inwoners. Ons verseker u dat die gemeenskap hoog op ons sakelys is. . Kontak my by 083 657 9615, 022 913 6000 of stuur e-pos na vanrooyr@bergmun .org.za of burgemeester@bergmun.org.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.