Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Seun ontvoer en verkrag

’n Seun (13) van Noordhoek in Velddrif is in die bagasiebak van ’n motor ontvoer, in ’n huis vasgebind en om die beurt deur drie mans verkrag.

Volgens die seun se ma, wie se naam nie genoem mag word nie om die kind se identiteit te beskerm, het hulle op 29 Augustus by iemand in Blikkiesdorp in Noordhoek gaan kuier. Die seun het die middag saam met ’n paar kinders van die buurt gespeel en die ma het vroegaand besluit sy sal maar solank die kort entjie huis toe stap en toelaat dat haar kind nog ’n rukkie speel voordat hy ook huiswaarts moes keer.

Toe dit begin donker raak, was die kind steeds nie by die huis nie. Sy ma het na hom gaan soek, maar die maats met wie hy vroeër gespeel het, het gesê hy het lankal huis toe gestap. Ná ’n uitmergelende nag van bekommernis het die kind die volgende oggend omstreeks 06:00 histeries by sy huis opgedaag en huilend aan sy ma vertel dat hy verkrag is. Die ma sê sy het aanvanklik gedink dat die daad dalk deur een van die buurt se kinders gepleeg is, maar toe vertel haar seun haar dat hy deur drie mans verkrag is wat hom in die bagasiebak van ’n motor ontvoer het.

Die seun het aan sy ma gesê hy het besef hy moet huis toe gaan toe hy sien dit begin donker word. Hy het die motor herken wat langs hom stilgehou het. Die voertuig het vroeër die middag ’n paar keer verby hom en die ander kinders gery wat in die straat gespeel het. Drie mans het uitgeklim, hom glo gegryp en in die bagasiebak toegemaak. Volgens die seun kon hy twee van die mans se gesigte sien, maar die derde man het ’n masker aangehad. Die seun was baie bang, want daar was ’n klomp messe saam met hom in die bagasiebak. Die motor het ’n ent verder stilgehou en hy is uitgehaal en by ’n huis ingeneem.

Vervolg op bladsy 5.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.