Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skelms blitsvinnig ná inbraak gevang

’n Paartjie van Vredenburg wat verlede Donderdag die slagoffers van ’n huisbraak was, is baie beïndruk met die speurders wat die boosdoeners blitsvinnig vasgetrek het.

Christo van Dyk vertel sy vrou, Helouise, het Donderdag 25 Oktober 12:30 in haar etensuur huis toe gegaan. Toe sy by die huis instap, het sy gesien iets is nie pluis nie en haar man gebel, wat op daardie tydstip in St. Helenabaai was.

“Hoe wonderlik is tegnologie dat ek toe sommer die beeldmateriaal van ons kringtelevisiekamerastelsel op my foon by die werk kon deurkyk,” sê Christo.

Die beeldmateriaal het verklap dat twee mans ongeveer 07:30 by die Van Dyks ingebreek het, kort nadat die gesin by die huis weg is. Christo het die speurtak op Vredenburg gekontak waarna hy sers. Ricardo Samuels en AO. Andries Kleynhans by sy huis ontmoet het. Christo het vasgestel elektroniese ware, waaronder sy skootrekenaar, is gesteel.

“Hulle het saam met my na die video gekyk en die skelms as twee gewoontemisdadigers herken.”

Daarna is Christo na die polisiekantoor om ’n klag van huisbraak aanhangig te maak. Die Van Dyks het die volgende oggend 09:00 tot hul groot verbasing ’n oproep van die polisie ontvang – die speurders het die inbrekers vasgetrek en die gesteelde eiendom teruggekry.

“Ek het my goed binne 24 uur teruggekry. Dankie aan die twee polisiemanne vir jul fantastiese werk. Ek is baie bly ek kon my skootrekenaar terugkry met al die data nog daarop.”

Christo sê die publiek kla dikwels oor die polisie, maar deel nie graag komplimente uit wanneer dit verdien word nie. Hy voel hierdie goeie diens verdien gewis ’n pluimpie.

Volgens kapt. Tania Helfrich, woordvoerder van die Vredenburg-polisie, is Marciano de Jager (28) van Witteklip en die Tylon Engelbrecht (27) van Louwville Vrydag in hegtenis geneem.

Die mans het Maandag in die Vredenburg-landdroshof op aanklagte van huisbraak en diefstal verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.