Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skenking gee hoop vir almal

Mej. Weskus-hoop van 2018-’19 het verlede Vrydag die Saldanha-polisie se slagofferondersteunings­kamer besoek en teddiebere en sanitêre doekies geskenk.

Heerlike kolwyntjies is aan die personeel uitgedeel om hulle vir hul onbaatsugtige werk te bedank.

Senekal het die Hoërskool Vredenburg vir sy betrokkenheid by die “Teddy Bear of Hope”-veldtog, almal wat bygedra het tot die “Share the Dignity Sanitary”-veldtog asook Natasha Pieters van der Watt wat die kolwyntjies geskenk het, bedank.

Die Saldanha-polisie se slagofferonder­steunings­kamer is 24 uur oop en sy dienste word vir enigeen aangebied wat deur misdaad of geweld geraak is. Inligting wat met die vriendelike personeel in hierdie kamer gedeel word, bly altyd vertroulik.

Bel AO. Yolanda Kotze by 022 714 8333.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.