Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skole kry boeke wat help

Drie skole aan die Weskus het onlangs leerder- en onderwysgidse ter waarde van sowat R690 000 van twee Kaapse maatskappye ontvang.

Camissa Solutions, wat jaarliks die Jazz on the Rocks-fees by Tietiesbaai en die Oh Dam Cederberg-musiekfees in Clanwilliam aanbied, en Bidvest Data het die boeke aan die skole as deel van hul maatskaplike opheffingsinisiatief geskenk.

Die Siyavula-gidse is vir fisiese wetenskap, wiskunde en tegnologie.

Hulle het die laerskole Lambertsbaai, PW de Bruyn en Graaffwater besoek en binne die volgende twee weke kom Hoërskool Louwville aan die beurt.

“Ons bedank graag die borge vir hierdie fantastiese skenking. Julle sal nie weet watter groot impak en indruk dit op die skool sal hê nie. Ons weet dit gaan ’n baie positiewe impak op die leerders self hê omdat dit so kleurryk en fantasties is,” het Samira Appels, skoolhoof by PW de Bruyn in Lambertsbaai gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.