Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Skroewedraaier-skelm’ gevang

Soms is inwoners, om verskeie redes, huiwerig om verdagte aktiwi­teite by hul buurtwag of die polisie aan te meld.

Hulle dink dalk hul wenk is onbenullig en niemand gaan reageer nie, óf dat iemand anders die polisie sal laat weet. En wie weet, dalk is die oënskynlik verdagte persoon heeltemal onskuldig.

Maar kapt. Tania Helfrich, woordvoerder van Vredenburg-polisie, sê dis altyd beter om iemand wat vir jou vreemd voorkom of optree te rapporteer eerder as wat ’n mens later uitvind daar is by die buurman inge­breek.

Verlede week het ’n boodskap van die buurtwag tot die suksesvolle inhegtenisneming van ’n man gelei wat met ander misdade in Vredenburg verbind word. “Dit is ’n sprekende voorbeeld van die krag van buurtwag­betrokkenheid,” sê Helfrich.

Sy vertel dat AO Rudolf Crafford, verbonde aan die logistieke afdeling van Vredenburg-polisie, verlede Donderdag 30 Januarie op ’n buurtwagboodskap gereageer het waarna hy ’n verdagte man in Esperiastraat gevind het. Die man, Martin Horn (35), het glo aan Crafford gesê dat hy daar rondloop omdat hy werk soek. Crafford het homself aan Horn as ’n polisiebeampte geïdentifiseer, hom deursoek en ’n lang skroewedraaier in sy besit gevind. Vroeër die oggend het iemand met ’n skroewedraaier en ’n lap probeer om by ’n voertuig in Esperiastraat in te breek, maar die vermeende skelm is deur die eienaar betrap en het gevlug. Daar is ’n sterk vermoede dat dit Horn was, wat gepoog het om by die motor in te breek.

Volgens Helfrich word Horn ook positief met twee ander sake van huisbraak en diefstal verbind. Hy het Vrydag 31 Janu­arie in die Vredenburg-landdroshof verskyn.

Helfrich moedig alle inwo­ners aan om by hul buurtwag­groepe betrokke te raak.

“Saam kan ons ’n verskil maak, veral omdat eiendoms­verwante misdade ’n groot probleem is,” sê Helfrich.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.