Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skrywer sit wiel aan rol vir boek

’n Liefde vir motors en ’n passie vir die klassiekemotorgemeenskap het die Langebaner Ronnie Grace geïnspireer om Weskussers se motorstories op te teken.

“My liefde vir motors het op ’n baie jong ouderdom begin. In die jare tagtig het ek spesifiek in klassieke motors begin belangstel. My eerste klassieke motor, was ’n 1960 Austin Farina, wat ek in die 1980’s gekoop het,” verduidelik Grace.

Dit was egter nie die vierwielmotors wat Grace die idee gegee het nie, maar liewer sy viervoetige vriende.

“ ’n Paar jaar gelede het ek my seun Kanada besoek en dáár het hy vir my ’n boek, Dogs and their Dads, gewys. Dit was ’n boek vol swart-en-wit-foto’s van manne saam met hul honde. ’n Saadjie is toe geplant en ek het begin dink aan ‘Dads and their cars’ in kleur.”

Grace het besluit om die boek Dads and their cars of the West Coast te noem.

Dié boek was egter nie Grace se eerste boek nie.

Die afgelope paar jaar het hy reeds sy lewensverhaal geskryf asook ’n storie oor drie jong seuns wat in die Kango-grotte ingeglip het en verdwaal.

Grace het Dads and their cars oor ’n paar jaar saamgestel “aangesien ek nie al die klassiekemotor-entoesiaste op een plek bymekaar kon kry nie”.

Die foto’s vir die boek het hy self geneem wanneer hy die geleentheid gekry het om ’n motorliefhebber en sy wiele op te spoor.

Grace sê met die samestelling van dié boek het hy geleer dat dié wat ’n stokperdjie beoefen, langer na aftrede leef.

“Ek het geleer die klassiekemotor-beweging veroorsaak dat entoesiaste langer leef. Dié stokperdjie het hul lewe verleng. In die Kaapse Oumotorklub, waaraan ek behoort, is daar ’n hele klomp lede wat ouer as 80 is en sommer ’n paar wat ouer as 90 is. Dit is seker die gesondste stokperdjie en hou die manne jonk,” meen hy.

Van die talle stories oor die Weskus-manne en hul rygoed is Grace se gunsteling dié van André Mouton en Gerry Bodenstein.

“Dié twee manne het reg deur hul lewe net een fabrikaat besit, wat hulle vandag nog het. Hulle is ook deskundiges oor daardie fabrikaat. “André is ’n deskundige oor die Studebaker en Gerry is weer ’n deskundige oor die Rambler. Al twee besit vandag nog Studebakers en Ramblers – twee fabrikate wat nie meer gemaak word nie.”

Enigeen wat met Grace in verbinding wil tree oor enige van sy boeke, kan e-pos na rongrace@mweb.co.za stuur. Andersins, gee die Langebaner ’n lui by 072 229 8859. Sy jongste boek kos R150.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.