Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skuiling vir mishandelde vroue vereer vir uitnemende diens

’n Skuiling vir mishandelde vroue in Vredenburg het ’n nasionale prys vir uitnemende werk en diens ontvang.

Die adres van dié skuiling, ’n afdeling van die Siyabonga Care Village, word geheim gehou om die vroulike slagoffers wat daar tuisgaan teen hul mishandelaars te beskerm.

Jane Moss, ’n maatskaplike werker en die bestuurder van die skuiling, sê sy het onlangs ’n nasionale prysuitdeling in Mpumalanga bygewoon waar sy die nasionale departement van maatskaplike ontwikkeling se prys vir uitnemende diens namens die skuiling ontvang het.

Sy sê Vredenburg se skuiling is die enigste in die Wes-Kaap wat hierdie prys ontvang het.

Sy vertel die keurproses was baie streng en die prysuitdelingsgeselligheid is voorafgegaan deur hope dokumente en statistieke wat sy moes deurstuur, asook onderhoude wat met haar, die inwoners en die ander werknemers van die skuiling gevoer is.

“Dit is die eerste keer dat ons hierdie toekenning ontvang en ons is regtig trots op die prestasie. Dit is ons passie om vroue te help om hul waardigheid en selfvertroue weer terug te kry.”

Terwyl sy vir die prysuitdeling in Mpumalanga was, het Moss ook ’n interessante imbizo oor mensehandel bygewoon waar verskeie sprekers, soos advokate met ervaring in hierdie veld en verteenwoordigers van die spesiale eenhede van die polisiediens, die gaste toegespreek het.

Die adjunkminister van die nasionale departement van maatskaplike ontwikkeling, Hendriette Bogapane-Zulu, het ook ’n praatjie gelewer.

Volgens Moss huisves die Vredenburg-skuiling tans 13 slagoffers en 12 van hierdie vroue se kleiner kinders wat ook aan mishandeling blootgestel is. Hierdie vroue kom gewoonlik uit huishoudings waar dwelms of drank misbruik word en waar hulle gereeld deur hul eggenote of lewensmaats aangerand en verbaal of emosioneel mishandel word.

Moss sê die vroue bly gewoonlik drie maande in die huis en word dan weer in hul gemeenskappe integreer.

“Indien hulle nie genoeg vorder nie, verleng ons die tydperk en bly die vrou ’n bietjie langer,” verduidelik Moss.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.