Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Só kan ons Bergrivier beter plek maak’ – burgemeester

Geagte Bergrivier-inwoners,

Ons gemeenskappe in Bergrivier gaan gebuk onder vrouegeweld, en wat my verder bekommer, is die drank wat volop is. Ons sit ook met ’n uitdaging in Bergrivier waar mense grond soek wat deur die munisipaliteit gediens word.

Die meeste van die mense is seisoenwerkers wat hulle in ons dorp kom vestig en ook mense wat nie vir staatsbehuising sal kwalifiseer nie.

Velddrif is getref deur onrus deur ontevrede mense oor die toekenning van huise.

Groot skade is aangerig, ondernemings het verliese gely, inwoners kon nie gaan werk nie en leerders kon nie skool toe gaan nie. Dankie aan die gemeenskap van Velddrif vir u gebede en volle ondersteuning gedurende hierdie moeilike tyd.

Ons opregte dank aan die polisiediens, openbare-orde-polisie, verkeersbeamptes, wetstoepassers en alle buurtwagte.

Hierdie mense het hul tyd opgeoffer en hul lewe op die spel geplaas om reg en orde te handhaaf. ’n Ooreenkoms is met die betogers bereik en ’n werkspan bestaande uit die munisipaliteit, provinsie en gemeenskap is saamgestel. Die Wes-Kaapse minister vir behuising, Tertius Simmers, sal teen 30 November terugvoering oor die pad vorentoe gee.

Almal is seker al bewus van die beweerde diefstal by die munisipale kantoor in Piketberg, waar iemand kragbewyse gesteel het. Die klag is by die plaaslike polisie, minister Anton Bredell, die ouditeur-generaal (OG) en die Valke aangemeld.

Die regsproses gaan sy gang en word deur die Valke gelei. My kantoor sal die volle inligting aan inwoners deurgee wanneer die uitspraak gelewer word.

Hiermee rig ek ’n ernstige waarskuwing aan inwoners om die komende feesseisoen uiters versigtig te wees. Maak seker u huis se deure is gesluit en die vensters is toe, want diewe soek geld. Vermy donker gebiede saans, loop padlangs en bly in goed verligte gebiede. Bel die polisie as u ’n verdagte mens of voertuig sien en hou u ore op die grond vir inligting oor ongerymdhede, korrupsie, dwelmhandel of ander dinge wat ons gemeenskap afbreek.

My kantoor is tans besig om te luister na ons jeugleiers en jong mense van Bergrivier. Ons munisipaliteit gee al baie jare min aandag aan ons jeug.

Die doel van die gesprekke en vergaderings is om te luister na die hart van ons jeug.

’n Opvolgvergadering word 15:30 Sondag 3 November by die Allan Boesak-gemeenskapsaal gehou.

Alle jeugleiers en jong mense is welkom om hul insette te kom lewer. Die insette van die jeug sal by die wykskomitee en by die munisipale raad ingedien word.

Die Burgemeestersgholfdag word Vrydag 1 November by die Velddrif-gholfbaan gehou. Dit word voorafgegaan met ’n staptog die Donderdag van Piketberg af tot in Velddrif deur die burgemeester en sy raadslede. Die doel van die gholfdag is om geld vir die burgemeestershulpfonds in te samel, wat in die gemeenskap teruggeploeg word.

Enige individu of onderneming wat die burgemeester of raadslede vir die staptog van 65 km wil borg, kan Terry-Anne Wessels by die kantoor kontak.

Inwoners wat saam met die raadslede wil stap, is welkom om ons te vergesel – al is dit net 10 of die hele 40 kilometer.

Ek wil graag ’n beroep op inwoners doen om gereeld kontak met my kantoor te maak as u voel ons neem te lank om met iets te help.

U as inwoners is die belangrikste kliënt vir die munisipaliteit en behoort voorkeur te kry. . My kontaknommer is 083 657 9615 of 022 913 6000, of stuur ’n e-pos na vanrooyr@bergmun.org.za of burgemeester@bergmun.org.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.