Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sopkombuis se skenkings raak min

Die grendeltydperk en negatiewe finansiële impak van die Covid-19-wêreldpandemie bedreig die toekoms van Weskus Helpers se sopkombuis in Vredenburg.

Hierdie liefdadigheidsorganisasie en sopkombuis, geleë in Saldanhaweg 38A, gee al amper ses jaar twee keer per week kos aan honderde behoeftige mense van Vredenburg.

Jenny Moors, stigter en bestuurder van Weskus Helpers, sê sy is “moedeloos en bitter”.

“Die gewone kosskenkings uit die private sektor waarop ons altyd staatgemaak het, is sedert die begin van die grendeltydperk weggeneem en aan groter organisasies gegee, wat dit weer aan sopkombuise in die gebied sou versprei. Maar die kos kom nie by ons uit nie,” verduidelik Moors.

Die organisasie genereer ’n inkomste uit sy liefdadigheidswinkel op die perseel, maar volgens Moors lyk die verkope baie sleg in hierdie tyd en sy erken die organisasie kan al vir twee maande nie meer sy huurgeld bekostig nie.

“Ons het wel hulp van Duferco Steel Processing gekry wat vir ons geskenkbewyse gee om bestanddele vir sop te kan koop. Hiervoor is ons baie dankbaar.”

Moors sê die sopkombuis kan weens al die uitdagings nie soos voorheen werk nie. “Ek en my span maak nou die sop en vries dit. Die gemeenskap kan die sop by die winkel kom haal soos benodig.

“My vroue (vrywilligers) is regtig uitgeput. Ons werk hard en probeer alles om dinge bymekaar te hou. Daar is soveel nood en mense wat van ons dienste afhanklik is, maar dit voel net daar is nie hulp nie,” erken sy.

Moors sê die sopkombuis en organi­sasie sal bystand in enige vorm opreg waardeer. Mense is ook welkom om die liefdadigheidswinkel te ondersteun deur te skenk of te koop.

Bel Jenny Moors by 071 534 3890.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.