Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Speurders speel klaar met twee gewapende rowers

Te danke aan die flink optrede van Saldanha-speurders, konst. Nhlakanipho Gumbi, sers. Christopher Kleinsmith en sers. Khangelani Kabisoyo, is twee gewapende rowers blitsig agter tralies.

Volgens AO Yolanda Kotze, woordvoerder van Saldanha-polisie, het die voorval op 7 Januarie in Joe Slovo, Middelpos, gebeur.

Kotze sê die slagoffer wou om 21:05 sy huis verlaat toe twee mans hom by die voordeur ingewag het.

Die vermeende rowers het die man terug in sy huis gedwing en een het ’n mes uitgehaal en die slagoffer gedreig.

Terwyl die man en die rower gestoei het, is die inwoner agter in sy nek gesteek. Die ander rower het kontant en twee selfone gegryp voor hulle te voet gevlug het.

Die drie speurders was vinnig op die toneel en kon genoegsame inligting kry om die twee vermeende rowers (35 en 36 jaar oud) binne ’n paar uur in hegtenis te neem.

Die rowers het op 9 Januarie in die Vredenburg-landdroshof verskyn.

“Hul kollegas en die stasiebevelvoerder prys die speurders vir hulle puik werk en vinnige optrede,” het Kotze gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.