Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
St. Helenabaaiers hoop vir beter SA

“Ons staan saam vir ’n beter, vreedsame en verenigde Suid-Afrika.”

Dít was die boodskap op een van die groot plakkate wat Saterdag by ’n vreedsame betoging in St. Helenabaai aan die publiek tentoongestel is.

Inwoners van St. Helena­baai het Saterdag 5 Septem­ber aan ’n vreedsame demonstrasie as deel van die Move One Million-beweging deelgeneem.

Dié beweging mik om een miljoen mense van Suid-Afrika te inspireer om saam te staan in vreedsame betogings “teen die kromgetrekte, korrupte stelsel en almal wat daarop uit is om landsburgers te verdeel en die nasie te vernietig”, aldus Move One Million se Facebookblad.

Die groep St. Helenabaaiers wat aan Saterdag se geleentheid deelgeneem het, het voor JP’s Grill gestaan om ook te demonstreer dat hulle plaaslike sakeondernemings en restaurante steun.

Brett Peele van die Goblin Wildlife-rehabilitasiesentrum het dié optog in St. Helena­baai gereël.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.