Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
St. Helenabaaiers hou groot makietie

Weskussers het die feesseisoen weer met Kersliedere en kerse begin by St. Helenabaai se jaarlikse Carols by Candlelight.

Dié geleentheid, aangebied deur Madré Sneyders, ’n gospelsanger en skoolsekretaris, is ’n jaarlikse hoogtepunt, maar verlede week se partytjie was nog meer spesiaal met die bekendstelling van haar CD.

“Die jaar het vele uitdagings gehad, maar ek het my tweede album opgeneem. Tyd om aandag te gee aan persoonlike behoeftes was min en dit het harde werk gekos om by die tydrooster te bly,” verduidelik die sanger.

Gaste by vanjaar se Kerspartytjie is vermaak deur talle plaaslike kunstenaars en is met ’n heerlike ete bederf. Byna 100 mense het opgedaag en die feestelikheid in die Steenberg’s Cove-gemeenskapsaal geniet. Besoekers van Paarl tot Ceres het saam met Weskussers gekuier.

Madré het twee nuwe komposisies uit haar eie pen – “I Believe in Christmas” en “Hy is Koning” – saam met haar Kersalbum die lig laat sien. Elke gas het met ’n CD as geskenk weggestap.

“Graag wil ek almal bedank wat die geselligheid bygewoon het, asook al die borge wie se ondersteuning dit moontlik gemaak het om die geleentheid so ’n sukses te maak. “Ek is mal oor Kersfees en dit was nog altyd ’n droom om ’n Kersfees-CD uit te bring.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.