Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Stem hier vir Jaco Retief

Danksy die Covid-19-pandemie moes vele geleenthede aanlyn verskuif, en die Weskus-rymkletser Jaco Retief het die geleentheid benut om sy talente ten toon te stel.

Retief (21), is bedags deel van die span van Reko-rekenmeesters, maar hy is ook ’n rymkletser.

Hy het onlangs vir “Kollig”, ’n nasionale kompetisie, ingeskryf en die tweede ronde gehaal. “Ek neem al van my laerskooldae aan musiek-aktiwiteite deel. Ek het in die koor gesing en later besef ek kan ritme hou en kletsrym. Toe het ek met kletsrym begin,” verduidelik Jaco.

Hy sê musiek is vir hom ’n manier om homself uit te leef en selfs ’n manier van ontsnapping wanneer nodig.

“Musiek help baie keer om te vergeet wat in jou lewe aangaan soos wanneer jy ’n baie emosionele dag gehad het, en help jou om dan vir ’n rukkie net te vergeet wat werklik om jou aangaan,” meen Jaco.

Dié Vredenburger studeer B.com-rekeningkunde deur Unisa. Sy werk en studies hou hom baie besig, maar tussendeur skryf hy ook sy eie liedjies. Een van sy grootste struikelblokke op die oomblik is om tyd vir sy musiek te maak. Hy hou egter vol en hoop ander musiekliefhebbers sal by sy woorde kan aanklank vind.

Hy meen om as ’n finalis vir “Kolliggekies te word, is ’n hoogtepunt.

“Dit was regtig die eerste keer wat ek besluit het om ’n kans met my musiek te waag. ’n Mens het geen sekerheid dat jy in die musiekbedryf êrens sal kom nie, daarom is dit ’n eer om vir dié nasionale kompetisie gekies te word.”

Musikante wat aan “Kollig” deelneem, moes ’n video-opname stuur vir ’n kans om R100 000 se pryse te wen. Die groot prys sluit opnames van liedjies en musiekvideo’s in.

Jaco sê hy werk om eendag ’n voltydse loopbaan van sy musiek te maak. “Ek hoop om mense deur my musiek te inspireer.”. Besoek https://kollig.org.za om na Jaco se liedjie te luister en vir dié Weskusser te stem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.