Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Strenger optrede om padsterftes in te kort

Twee mense is Dinsdag 2 Oktober omstreeks 22:00 op die Vredenburg-Velddrifpad, oorkant die St. Helena­baai-afdraai, dood.

Volgens Des Paton, provinsiale ver­keers­hoof, was daar nege mense agterop ’n vragmotor toe dit teen ’n bakkie gebots het.

Ses van die insittendes is lig beseer terwyl die ander drie insittendes, wat die bestuurder insluit, ernstig beseer is.

Die vragmotor het van St. Helenabaai gekom en het vermoedelik die kruispad oorgesteek toe dit teen die bakkie gebots het.

Die vragmotor kon eers Woensdagog­gend weggesleep word aangesien daar nie plaaslik ’n groot genoeg wegsleepvoertuig beskikbaar was nie.

Kapt. Tania Helfrich, woordvoerder van die Vredenburg-polisie, het die voorval bevestig. Teen druktyd het die polisie nog nie die slagoffers se identiteit bekend gemaak nie.

. Daar was ook ’n ongeluk Vrydagaand 28 September omstreeks 21:00 op die R27-Weskuspad naby die Saldanha-afrit waarin twee motors mekaar sylangs getref het.

Een van dié bestuurders is vir bestuur onder die invloed in hegtenis geneem.

Paton vra padgebruikers moet asseblief meer waaksaam en versigtig wees, ook meer bewus van hul omgewing en ander verbruikers wat roekeloos bestuur.

Hy sê ook daar gaan strenger wetstoepassing in die hele Weskus wees om padreëls af te dwing. “Ons verskerp ons pogings om enige sterftes of beserings op ons paaie te verminder,” het Paton aan Weslander gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.