Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Studente hou dorp skoon

Studente van Advance Academy in Piketberg het verlede week met hul skoonmaakprojek in die gemeenskap begin.

Die projek sal na verwagting drie maande duur en is deel van die studente se praktiese ure en punte vir hul kursus vir sake-administrasie.

“Ons omgewing speel ’n belangrike rol op die gebied van die gemeenskap se algehele persepsie van skoonheid. As ons omgewing skoon is, voel ons trots daarop en moedig ons aan om dit skoon te hou. Hopelik kan ons ’n green culture in ons gemeenskap begin, want ons het eco-warriors nodig,” verduidelik Tevin Strauss, ’n lid van die studenteraad. Die eerste skoonmaaksessie was Donderdag 18 Februarie uitgevoer en sal elke tweede week plaasvind.

Die betrokke studente het ’n enorme hoeveelheid rommel opgetel en talle swart sakke daarmee gevul. Kos is ook aan die gemeenskap uitgedeel.

Hoewel die projek net drie maande sal duur, is dit die visie van die studenteraad om dit uiteindelik ’n instelling te maak. Daarvoor het die projek egter vrygewige borge nodig wat deurlopend aan hierdie verdienstelike saak kan skenk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.