Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Swaar tronkstraf ná bejaarde se moord

Die man wat skuldig bevind is aan die moord op ’n bejaarde inwoner van Velddrif, is tot 28 jaar tronkstraf gevonnis.

Die lyk van Pierre-Jean Loubser, ook bekend as Lange Loubser (toe 73 jaar oud), is op 23 Februarie 2019 in sy huis in Voortrekkerweg gevind.

Dit was aanvanklik onbekend hoe lank Loubser dood in sy huis gelê het voordat hy ontdek is. Volgens ’n persverklaring wat op 22 April deur die Laaiplek-polisie uitgereik is, het die lykskouing getoon Loubser is reeds Maandag 18 Februarie deur sy moordenaar versmoor.

’n Vriend wat saam met Loubser gholf gespeel het, het die Saterdag op sy lyk afgekom nadat Loubser nie vir sy gebruiklike Saterdagoggend-gholfsessie opgedaag het nie.

Volgens die polisieverklaring was Loubser se hande aan sy bed se kopstuk vasgebind en verskillende stukke lap is in die gestorwe bejaarde se mond gevind.

Volgens die polisie se skrywe was Jonathan Swarts (46) van Laaiplek onder verdenking nadat hy inligting wat net die moordenaar sou kon weet, aan sy vriende openbaar het. Die inligting is opgevolg waarna Swarts op 16 Maart 2019 met betrekking tot die moord op Loubser in hegtenis geneem is.

Swarts is skuldig bevind en reeds op 29 Januarie vanjaar in die Wes-Kaapse hooggeregshof tot 28 jaar tronkstraf gevonnis. Die polisie het egter verduidelik dat die moorddossier en uitspraak eers op 19 April van die hooggeregshof by die Laaiplek-polisiekantoor aangekom het.

Swarts het in die hof beweer dat roof die motief vir Loubser se moord was. Swarts het ná die noodlottige aanval op Loubser R30 uit die bejaarde se beursie gehaal en gevlug.

Die Vredenburg-polisiekluster het die ondersoekbeampte, sers. Emilio Benjamin, se wilskrag en eindelose toewyding om die verdagte voor die hof te bring, geprys. - Trish Goosen

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.