Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Taxi-man koelbloedig in sy huis vermoor

’n Taxi-eienaar van Saldanha is in sy huis koelbloedig doodgeskiet.

Volgens AO Yolanda Kotze, ’n woordvoerder van die Saldanha-polisie, het Milford Fatuse (53) en sy vrou Donderdag 22 Augustus rustig in hul huis in Chakkiestraat, Diazville, verkeer toe die moord plaasgevind het.

Die paartjie het glo in die sitkamer gesit en Fatuse se vrou het opgestaan om in die kombuis te gaan kosmaak. Volgens Kotze het die vrou omstreeks 19:30 iemand die huis hoor inkom. Daarna het sy ’n rumoerigheid en skote in die sitkamer gehoor. Sy het haastig uit die kombuis gestorm en gesien haar man lê dood op die vloer.

Kotze sê Fatuse het nege koeëlwonde – alles aan die linkerkant van sy liggaam – gehad. Niks is uit die huis gesteel nie. Die skieter is steeds soek en die motief vir die moord onbekend.

’n Gerug doen die ronde dat dit ’n sluipmoord was weens onderliggende spanning in die plaaslike taxibedryf.

Zuzu Bhokweni, ondervoorsitter van die St. Vredsal-taxivereniging, het aan Weslander gesê hy kan homself nie voortydig uitlaat oor die “sogenaamde bewerings” nie, want “die polisie ondersoek nog die saak”.

’n Roudiens is Saterdag 31 Augustus vir Fatuse in Middelpos gehou, waarna hy in die sentrale begraafplaas ter ruste gelê is. Enigeen met inligting wat die ondersoek kan bespoedig, word gevra om konst. Gumbi Nhlakanipho by 022 714 8333 te bel. . Saldanha taxi owner Milford Fatuse (53) was shot and killed in the lounge of his house in Diazville on 22 August, while his wife was preparing dinner in the kitchen.

Anyone with information is asked to contact Const Gumbi Nhlakanipho on 022 714 8333.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.