Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Toelaes sal betaal word ondanks probleme, sê Sassa

Sassa is bewus van die probleem met die elektroniese uitbetaling van toelaes aan begunstigdes.

Abraham Mahlangu, die waarnemende hoof van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa), het Maandag ’n verklaring hieroor uitgereik waarin hy sê die huidige probleme met die uitbetalings van maatskaplike toelaes kan toegeskryf word aan die oorgangsproses van die ou na die nuwe stelsel.

“Sassa is ook besig met die uit­fasering van kontantbetalingsdienste soos deur die Konstitusionele Hof be­paal en die Suid-Afrikaanse Poskantoor is aangestel om maatskaplike toelaes uit te betaal,” het Mahlangu gesê.

“Ons verseker begunstigdes dat hul toelaes ten volle betaal sal word. Trouens, die geld is reeds in hul rekeninge. Ons versoek die begunstigdes om minstens drie dae te wag voor hulle ’n onttrekking doen.”

Indien ’n begunstigde kies om toegang tot sy geld te verkry deur ’n OTM te gebruik, moet die begunstigde die spaarrekeningopsie kies. Indien die spaaropsie afgekeur word, kan die begunstigde dan die tjekrekeningopsie kies.

“Sassa vra om verskoning vir die ongerief veroorsaak. Sassa werk onverpoos om te verseker dat ’n oplossing vir die probleem gevind word en gee die versekering dat alle dienste binnekort herstel sal wees. Ons onderneem ook om ons begunstigdes op hoogte van sake te hou,” het Mahlangu gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.