Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Top-40-Weskusdinge wat jy moet beleef

Kyk na fossiele van oerdiere in die Weskus-fossielpark se splinternuwe multimiljoenrandse fasiliteit op die R45 naby Langebaanweg. Hierdie diverse fossiele is sowat 5,2 miljoen jaar oud. Begeleide toere, ’n geskenkwinkel, ’n “ondergrondse” goggakamer vir die kinders en ’n baie oulike koffiewinkel op die perseel kan besoek word.

Besoek Club Mykonos & Mykonos Casino in Langebaan. Hou Club Mykonos se dagboek dop vir spesiale geleenthede. Hierdie Desember tree kunstenaars soos Kurt Daren, Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld en Dr Victor & the Rasta Rebels daar op.Eet by een van die Weskus se beste vis-en-tjips-plekke. Doepies in Velddrif is in 2016 en 2017 as die Weslander se Vis & Tjips-koning aangewys, maar vanjaar dra Charlie’s Fish Shop in Saldanha hierdie gesogte kroon.Eet ’n Moerse Burger op die Juffroushoogte-gasteplaas buite Vredenburg. Geen verduideliking nodig. Kom kyk self en maak seker jy is baie honger.

Gooi borde stukkend by die Bouzouki-restaurant se Griekse aande. Klink lekker, né? Opa! Die restaurant is by Club Mykonos se marina. Koop bokkoms by die visfabrieke in Bokkomlaan, Velddrif. Voorgesit saam met plaasbotter, vars brood en konfyt (tuisgemaak indien moontlik).Swem by Kraalbaai in die Weskus Nasionale Park. Pak jou piekniekmandjie en bring ’n dag in die park deur om die streek se wild en natuurskoon te geniet. Kraalbaai herinner aan ’n Griekse eiland. Die water is warm en deursigtig blou. Kom swem en sonbaai. Braaigeriewe is beskikbaar. Huisbote kan privaat of deur die Park gehuur word. Dit is baie gewild en is gewis reeds vol vir hierdie feestyd. Maar bel hulle – dalk loop jy ’n gelukkie raak en is daar ’n kansellasie.Drink skemerkelkies en eet pizza of soesji by een van die eetplekke by die Langebaan-strandmeer waar Breëstraat teen die hoofstrand doodloop. Kom waardeer ’n ongelooflike uitsig oor die strandmeer met ’n sambreeldrankie in die hand. Laat die kinders baljaar by Playtime Indoor Playpark in Vredenburg. Slegte weer? Nou weet jy waarheen om te gaan.Drink ’n drankie in die Panty Bar, Paternoster. Elke deurtrekkertjie, bra, panty, onderbroek en bloemer teen die legendariese Panty Bar se muur vertel ’n storie.Die Weskus-gebied bevat heelwat interessante museums. Gaan snuffel gerus by die SA Visserye-museum in Laaiplek rond, die Suiwelmuseum in Darling, die Koringbedryf-museum in Moorreesburg sowel as die museums in die skilderagte sandvelddorpe Piketberg en Porterville. Daar is soveel ander. Vra gerus jou vriend Google hieroor.Leer vlieërplankry (kitesurfing) in Langebaan.Kyk voëls in Velddrif. Bring jou verkyker en koop ’n voëlboek. Hier is nie net pelikane en flaminke nie. Die moerasagtige vloedvlakte van die Bergrivier bied uitstekende broeiplek vir voëls. Sowat 220 spesies is sedert 2007 in Velddrif gesien. Besoek die PlaasMol Padstal op die R45 naby Hopefield. Ligte etes, speelplek vir kinders, plaasdiere. Klim Poplap se 11,5m hoë stoel.Haal jou eie mossels van die rotse af en maak ’n mosselpot. Maak net seker jy het ’n permit en hou by die bepalings. Permitte is by die poskantoor te koop.Vang of duik jou eie kreef uit. Dis nie so maklik as wat dit klink nie, maar gewis die moeite werd. Hou tog asseblief net by die “kreef-cops” se reëls. ’n Permit is ’n móét! Drink spesialisbier by die Weskus se eie biermakers. Weskus Brekfis en Moedersmelk is twee van die Black Eagle mikro-brouery se gewildste verkopers. Besoek hul proekamer in Suffrenstraat, Langebaan, en moenie vergeet van Darling Brew in die pragtige Darling nie. Darling Brew bied bierproesessies, ’n restaurant en speelplek vir die kinders. Probeer ook Paternoster-brouery se Pilsner, beskikbaar by die Paternoster-hotel en die splinternuwe Charlie’s Brewhouse in Port Owen, Velddrif. Bring die kinders na die waterglybane by Sunny Park in Langebaan.Gooi jou lyn in op die ongerepte Soverbystrand tussen Laaiplek en Dwarskersbos. Besoek die Rocherpan-natuurreservaat op die Dwarskersbospad onderweg na Elandsbaai – die ideale uitstappie om besondere voëlspesies te ontdek.Drink ’n reuse-melkskommel by See Kaia in Dwarskersbos (langs die woonwapark) – wat ’n gesellige Weskusjuweeltjie!Dans en kuier by Watergat in Langebaan. Daar is altyd ’n lekker jol by Watergat met kunstenaars, musiekgroepe of DJ’s. Pak jou dansskoene in.Speel voetgholf saam met jou gesin op die Langebaan Country Estate se Mashie-gholfbaan. Dis net vir die pret. Jy hoef nie eens jou eie gholfstokke te hê nie. Kry dit asook verversings by die Mashie-klubhuis.Vaar op die Bergrivier in ’n plesierboot. Bote vaar van Bokkomlaan in Velddrif af en ook op die Port Owen Marina.Leer oor bye en heuningboerdery by Simply Bee in Hopefield. Die winkel verkoop ook skoonheidsprodukte wat heuning en byprodukte bevat.Ontmoet ’n Koekedoor by Cup of Cake in Saldanha. Sanet Eigelaar, ’n finalis in die televisiebakkompetisie Koekedoor, is die gasvrou by hierdie oulike koffiewinkel. Haar gebak is ’n belewenis! Geniet koffie en koek by Afsaal-padstal op die Trekoskraalpad tussen Vredenburg en Paternoster – een van die Weskus se bes bewaarde geheime.Koop vars brood en plaasbotter by die Weskus-padstal op die R27 net voor die Vredenburgafdraai (as jy uit die Kaap ry). Ideaal om saam met jou bokkoms voor te sit wat jy in Velddrif gekoop het.Eet viskuite, kaviaar se rowwer boetie. Ongelukkig gaan jy dit nie maklik hierdie tyd van die jaar kry nie. Viskuite is gewoonlik van Maart tot in die wintermaande beskikbaar, maar hierdie lekkerny is gewis ’n egte Weskuservaring wat jy moet probeer voordat jy eendag doodgaan.Koop rollmops (gepekelde vis) by Charlie’s Fish Shop in Saldanha.Drink vonkelwyn saam met jou geliefde of vriende op ’n seiljag op die Langebaan-strandmeer. Elite Charters Catamaran Cruises vertrek van Club Mykonos se marina, Langebaan.

Voel die seebriesie in jou hare op die rug van ’n perd. Doen navraag oor perderitte op die strand by die Oliphantskopsoord in Langebaan.Ry die Klein Tafelberg-4x4-roete tussen Aurora en Redelinghuys. Hierdie roete is deur Driveout Magazine se lesers as die beste 4x4-roete in Suid-Afrika gekies. Gaan op Safari in die Thali Thali-wildreservaat op die R27 oorkant die Langebaan-afdraai. Sien onder meer koedoes, springbokke, bontebokke, duikers, volstruise, jakkalse, skilpaaie, pragtige voëls en kameelperde.Geniet ’n opvoedkundige avontuur by !Khwa ttu naby Yzerfontein langs die R27. Begeleide toere op fietse of te voet leer besoekers meer oor die San-kultuur.Braai by die pragtige Tietiesbaai in die Cape Columbine-natuurreservaat. Bring jou koelsak, braaigoed, hoed en kampstoele en geniet die ongerepte natuurskoon. Dagbesoekfooi betaalbaar by die hek.Terwyl jy by Tietiesbaai kuier, kan jy sommer die spiraaltrap en lere tot bo in die Cape Columbine-lighuis klim. Die pragtige lighuis is in 1936 gebou. Die uitsig van bo af sal jou asem wegslaan.Maak jou hare los by Pirate’s Bar in Langebaan. Die kroeg bied altyd uitstekende vermaak. Bederf jou sintuie met ’n top-sjef se eietydse en seisoenale geregte by Russels on the Port in Port Owen, Velddrif. As jy ’n fynproewer is wat luukse gehaltekos en goeie wyn geniet, kom maak ’n draai. Die restaurant het ’n pragtige uitsig oor die Port Owen-marina en seiljaghawe.

Kry spoed op ’n waterponie of rubberboot. Doen navraag by Elite Charters in Langebaan.

1.

2.

3.

4.

5.

6.

7.

8.

9.

10.

11.

12.

13.

14.

15.

16.

17.

18.

19.

20.

21.

22.

23.

24.

25.

26.

27.

28.

29.

30.

31.

32.

33.

34.

35.

36.

37.

38.

39.

40.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.