Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tronkstraf vir ‘pervert’

Die ouers van ’n tienerseun kan nou met ’n proses van genesing begin nadat hul kind se verkragter ’n swaar vonnis opgelê is.

Die wrede aanval het sowat vyf jaar gelede op ’n strand in St. Helenabaai afgespeel.

Soos ’n roofdier wat ’n bokkie dophou en bekruip, het Jonathan Matthews (46) glo met ’n bose agenda nader aan sy onskuldige prooi gesluip.

Sy teiken op daardie oomblik was ’n vriendelike, sportiewe seun (14) wat alleen op die strand met ’n bal gespeel het.

Volgens die seun se verklaring aan die polisie het Matthews hom van agter gegryp en met geweld op die sand neergegooi.

Matthews het sy arms vasgepen, sy broek afgetrek en die kind verkrag.

Nadat Matthews die daad voltrek het, het die getraumatiseerde kind opgespring, sy broek opgetrek en gemaak dat hy wegkom.

Die seun het vir twee jaar daarna alleen die swaar las van hierdie ervaring gedra.

Hy sou later aan die polisie vertel dat hy te bang en te skaam was om die waarheid te vertel.

Hy het ook gesê hy het gedink sy ouers sou hom nie glo nie.

In 2015 het die seun se ouers hom na die Sandy Point-kliniek vir ’n algemene ondersoek geneem, waar mediese personeel opgemerk het iets met die kind is nie pluis nie.

Hulle het hom gevra of hy seksueel aktief is en of hy ’n meisie het van wie sy ouers nie weet nie, waarna die angsbevange seun met die sak patats vorendag gekom het.

Die seun het ook aan sy ouers gesê die aanvaller is hul buurman, Jonathan Matthews.

Die seun se ma het Dinsdag aan Weslander gesê sy was woedend toe sy uitvind dat die man vir wie hulle gereeld iets te ete gegee het wanneer hy platsak en honger was, só iets aan haar kind kon doen.

Tog was sy versigtig vir hom, want sy sê daar was “ander voorvalle” wat oor die jare sy ware kleure gewys het.

Sy vertel hulle het ’n huiswinkel wat saans 21:00 sluit en bied ook speletjies aan die woonbuurt se kinders.

Matthews was een aand blykbaar dronk en het daar aangeslinger gekom en die kinders by die speletjies gepla.

. Vervolg op bl.2

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.