Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Twee in hegtenis ná die verkragting van tienerseun

Vervolg van bladsy 1.

Die seun sê hy was baie bang en het alles gedoen wat die mans hom beveel het. Die drie mans het glo vir hom gesê hy moet sy klere uittrek, waarna hulle sy hande vasgebind het. Hy het naak en bevrees in die kamer gesit en wag terwyl die mans weer uitgegaan het – vermoedelik om “iets te gaan rook”, vertel die ma.

Volgens die kind het al drie weer in die kamer ingekom en hom om die beurt verkrag. Nadat hulle die gruweldaad gepleeg het, het hulle die seun se voete ook vasgebind en hom aan die bed vasgemaak waar hy heelnag sonder klere op die bed gelê het. Die volgende oggend het ’n ander man op die kind in die kamer afgekom en hom losgemaak. Die seun het dadelik na sy ma se huis gehardloop.

Volgens die ma is sy dadelik na Laaiplek se polisiekantoor om die verkragting te gaan aanmeld, waarna die kind na die Vredenburg- provinsiale hospitaal geneem is en waar dit bevestig is dat hy wel seksueel aangerand is.

Die ma was teen Donderdag verlede week baie teleurgesteld dat niemand nog in verband met die saak in hegtenis geneem is nie, aangesien haar seun die huis waar hy verkrag is aan die polisie kon uitwys. Sy en ’n groep vroue het Vrydagaand (4 September) na die polisiekantoor gestap om hul stemme hieroor te gaan dik maak.

Volgens sers. Ernie Strauss van die Weskus se gesinsgeweldeenheid geleë in Saldanha, is twee mans Saterdagoggend (5 September) in verband met die verkragting in hegtenis geneem. Die mans wat vasgetrek is, is glo die twee individue wat nie maskers aangehad het toe hulle die seun aangerand het nie.

Strauss sê hulle kon eers in hegtenis geneem word nadat ’n getuie na vore gekom het wat hierdie mans die aand van die misdryf saam met die seun gesien het. Die derde gemaskerde man is glo steeds soek.

Die twee mans het Maandag (7 September) in die Laaiplek-landdroshof verskyn en word aangehou tot hul volgende hofdatum wanneer hulle formeel om borgtog aansoek sal doen.

“Ons gaan natuurlik borgtog teenstaan,” verduidelik Strauss.

Die ma sê haar seun en sy twee jonger boeties leef nou in vrees omdat die derde man steeds op vrye voet is. Die slagoffer is nou bevrees om buite te speel, bang vir mans en enige voertuig wat verby sy huis ry. Hy sal sielkundige berading ontvang.

Strauss vra ouers om asseblief so ver as moontlik toesig oor hul kinders te hou, of hul kinders saam met verantwoordelike volwassenes te los wanneer hulle self nie beskikbaar is om die kinders op te pas nie.

“Dit is sleg dat ons in ’n tyd woon waarin ons kinders altyd in gevaar is en nie meer kan kind wees en buite speel wanneer hulle wil nie. Ouers moet egter besef dis ongelukkig ’n werklikheid dat hierdie bose mense saam met ons in ons gemeenskappe woon. Wees paraat en besonder versigtig.

“Moet ook nie toelaat dat jou kind ná sononder nog op straat is nie,” waarsku hy. Die saak word ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.