Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Twee mans tronk toe

“Ek voel nou baie verlig dat alles verby is en ek kan darem nou berusting kry en aanbeweeg.”

Só sê ’n verligte Leonie Swartz nadat haar enigste seun se moordenaars uiteindelik, ná twee jaar en vier maande, gevonnis is.

Ashwin Smit en Shane Smit (die twee is glo familie van mekaar) is Donderdag 28 Junie skuldig bevind aan die moord op en aanranding van Clyde Conroy Swartz in Januarie 2016.

Weslander het in Mei die saak opgevolg nadat Ashwin en Shane reeds vyf keer in die hof verskyn het, en elke keer is dit uitgestel.

Volgens Leonie het die twee reeds drie of vier prokureurs aangestel en is dit die rede vir die lang proses.

Swartz, 35 toe hy dood is, is na bewering in Langebaan deur die skuldiges met ’n hamer aangerand.

“Die dokter het gesê sy skedel is stukkend geslaan,” verduidelik Leonie. Hy is op 2 Februarie ná twee noodoperasies in die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad oorlede.

Die beskuldigdes is dieselfde dag in hegtenis geneem.

Die saak is Donderdag in die Vredenburg-streekhof afgehandel nadat die beskuldigdes skuld beken het op die aanklagte van onderskeidelik moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Volgens die Langebaan-polisie se stasiebevelvoerder, kapt. Christo de Wet, is Ashwin skuldig bevind aan moord en is hy 15 jaar tronkstraf opgelê, waarvan vyf jaar opgeskort is. Shane is skuldig bevind op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer en is vyf jaar tronkstraf opgelê, waarvan drie jaar opgeskort is.

Leonie het ná die vonnisoplegging gesê sy kan dit nie bevraagteken nie en geregtigheid het nou geskied.

“Al het die skuldiges dalk ’n swaarder straf gekry, sal dit nie my seun terugbring nie,” het sy gesê.

Leonie en haar familie, wat Clyde se 11-jarige dogter insluit, kan nou uiteindelik berusting vind nadat die saak afgehandel is.

Sy verduidelik dit was moeilik om so gereeld te moes hoor dat die saak weer uitgestel word en die gesin is nie deur ’n maklike tyd nie.

Leonie sê daar is geen gevoelens van haat teenoor die ouers van die skuldiges nie en dat hulle nou en dan in kontak bly met mekaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.