Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Twee sterf toe motor rol

Twee mans is dood nadat hul voertuig Saterdag (24 November) op die Redelinghuyspad naby Elandsbaai gerol het.

Die woordvoerder vir die Redelinghuys-polisie, sers. William Munnik, verduidelik dat die bestuurder net voor 15:00 beheer oor die motor verloor het nadat ’n band glo gebars het.

“Die voertuig het verby Redelinghuys op pad Elandsbaai toe gery en het net ná die Redelinghuys-afdraai van die pad af gery,” sê Munnik.

Volgens Des Paton, die Weskus se verkeershoof, het die voertuig verskeie kere op die wal gerol nadat die bestuurder beheer verloor het.

Kenny Africa, die Wes-Kaapse verkeershoof, sê albei insittendes is uit die BMW-sedan geslinger.

“Die bestuurder is op die toneel dood verklaar en die passasier was in ’n kritieke toestand en het op pad na die hospitaal beswyk,” sê Munnik.

Hy sê verder dat dit in hierdie stadium lyk asof ’n band gebars en die bestuurder beheer oor die motor verloor het omdat hy dalk teen ’n hoë spoed gery het, maar die oorsaak word nog ondersoek.

Munnik maan ook die gemeenskap om die spoedgrens hierdie feestyd te respekteer en sê strenger wetstoepassing sal op die paaie geïmplementeer word.

Die bestuurder (38) was van Vredenburg en die passasier (40) was volgens inligting glo van Kraaifontein.

Munnik sê die mans se identiteit kan in hierdie stadium nie bekend gemaak word nie omdat hulle nog nie deur familielede uitgeken is nie.

’n Lykskouing sou Woensdag (28 November) gehou word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.