Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tweejarige dood nadat

Oor die naweek is ’n tweejarige meisie van Ongegund, Vredenburg, dood verklaar as gevolg van die rook wat sy ingeasem het.

Volgens kapt. Tania Helfrich van Vredenburg-polisie het haar ouers na bewering Saterdagaand vuur in ’n konka buite die huis gemaak en met slaaptyd, omdat hulle koud gekry het, die konka met die brandende vuur in hul klein opslaanhuis gesit.

Hulle het gaan slaap, maar die meisie het nooit weer wakker geword nie.

Die rook het haar oorweldig.

Die ma herstel tans in die Vredenburg- provinsiale hospitaal nadat sy ook ’n kommerwekkende hoeveelheid rook ingeasem het.

Hierdie tragiese voorval werp opnuut weer die kollig op hoe om brande te vermy.

Helfrich maan inwoners om nie kerse, paraffienlampe en konkas in klein ruimtes onbeman te laat brand nie.

Volgens die plaaslike brandweerdiens word die meeste brande deur nalatigheid veroorsaak.

Sigarette, aanstekers, kerse en verwarmingstoestelle kan dodelik wees as dit sonder toesig brand of aangesteek is.

Die stad Kaapstad het die volgende veiligheidswenke uitgereik:

. Hou ’n oog op jou paraffienstoof. Moet nie naby ’n venster met ’n gordyn kook nie.

.Klein handjies is lief vir peuter. Maak seker dat jou stoof nie kan omval as ’n kind daaraan trek nie.

Dit kan ’n brand veroorsaak of kinders beseer.

. Maak seker dat kerse nie kan omval nie. Moet nooit gaan slaap met ’n kers wat nog brand nie.

. Pas weggegooide sigaretstompies is ook ’n brandgevaar.

. Wees bewus van die gevare van onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings, wat ook brande kan veroorsaak.

. Hou altyd ’n emmer water byderhand sodat jy maklik vlamme kan blus.

. Skakel liefs jou elektriese kombers af voor jy gaan slaap.

. Hou ’n emmer sand in die huis om brande wat deur paraffien veroorsaak is te blus.

. Bou woonhuise ’n veilige afstand (minstens 3 m) uitmekaar om te verhoed dat brande versprei. Maak seker dat hierdie ruimte tussen die huise oopgehou word.

. Leer kinders oor die gevare van vuur.

. Hou te alle tye paaie en toegang tot woonplekke oop.

. Moenie paaie met besittings blokkeer as daar ’n vuur is nie.

. Probeer om uit die lede van die brandweerdiens se pad te bly sodat jy hulle nie verhinder om hul werk te doen nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.