Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tyd loop uit vir inwoners om beswaar te maak rakende eiendomsbelasting

Belastingbetalers in die Bergrivier se munisipale gebied bevraagteken die nuwe waardasies van eiendomme ná die munisipaliteit die eiendomsbelasting bereken het.

Sommige huiseienaars meen die belasting is nou so hoog hulle kan nie hul eie eiendom “bekostig nie.”

Weslander het die volgende vrae aan die munisipaliteit gestel:

Is daar heelwat besware ontvang oor die waardasie van eiendomme in die Bergriviergebied?

Tans het ons 176 besware ontvang. Alle besware word deur ’n onafhanklike liggaam oorweeg.

Is daar nog tyd vir mense om besware in te dien? Indien wel, wat is die afsnydatum?

Ná klagtes ontvang is van die publiek rakende die beswaartydperk het die munisipaliteit die beswaardatum na 14 Mei verleng.

Waarom en op watter basis is die waardasies gedoen?

Bergrivier-munisipaliteit word deur wetgewing verplig om elke vyf jaar ’n algemene waardasie te doen. Die huidige algemene waardasierol verval 30 Junie en die nuwe rol tree 1 Julie in werking.

Artikel 31(2) van die Wet op Eiendomsbelasting, 2004 (Wet 6 van 2004) bepaal dat die waardasie die markwaarde weerspieël van eiendomme ooreenkomstig marktoestande wat op die waardasie­datum gegeld het (1 Julie 2017) en enige ander toepaslike bepalings van hierdie Wet.

Die doel van die algemene waardasie is om ’n waardasie vir elke eiendom in die gebied te bepaal wat as basis gebruik word om eiendomsbelasting te hef.

’n Tarief word dan vir elke afdeling van die eiendom bepaal en daarvolgens word eiendomsbelasting as ’n bron van inkomste gehef.

Vir die 2017-’18-boekjaar was die residensiële tarief R0.01114. Met die opstel van die nuwe algemene waardasie is gevind dat die waardes in alle afdelings verhoog het, sommige meer as ander.

As gevolg van die wesenlike verandering in eiendomswaardasies het Bergrivier-munisipaliteit vir die 2018-’19-boekjaar ’n residensiële koers van R0.00891 voorgestel, wat ’n 20% verlaging is van die huidige tarief.

Die tarief kan nie in isolasie gebruik word om te bepaal of dit duur is om eiendom in die Bergriviergebied te koop nie, maar eerder in ’n groep van soortgelyke eiendomme wat saam gebondel word en die eiendomwaardes saam met die tarief vergelyk word.

• Vir nog inligting oor die waardasies, kontak Coenraad Botha, by 022 433 2035 of stuur ’n e-pos na admin@hcb.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.