Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vals gerugte kan jou kos

“Moenie vals gerugte oor ernstige aangeleenthede versprei nie.”

Dít is die waarskuwing wat kapt. Tania Helfrich, polisiewoordvoerder van Vredenburg-polisie, uitgereik het.

Hierdie waarskuwing spruit uit ’n voorval waar ’n plaaslike minderjarige meisie beweer het dat sy deur drie mans aangerand is.

Volgens Helfrich het die meisie aan die polisie vertel dat drie mans haar glo geld vir seksuele gunsies aangebied het.

Toe die meisie glo wou weghardloop, het die mans haar kamma met ’n mes in die arm gesteek, maar sy het blykbaar daarin geslaag om van hulle te ontsnap.

Die meisie het ’n beskrywing van die fiktiewe mans aan die polisie gegee en ook hul voertuig (wat nie bestaan nie) in fyn besonderhede beskryf.

Nadat die polisie alle hulpbronne aangewend het om die verdagtes op te spoor, het die meisie laat blyk dat dit alles ’n leuen is.

“In dié saak – omdat sy minderjarig is – kan sy nie aangekla word nie, maar sou sy ’n volwassene wees, sou sy aanspreeklik gehou kon word vir haar dade.

“Polisielede op patrollie, speurders en die misdaadvoorkomingseenheid is van hul normale dienste onttrek om deel te vorm van ’n taakspan om die verdagtes vas te trek. Verlore tyd is gebruik om na die ander slagoffer te soek, wat vergeefs was,” verduidelik Helfrich.

Volgens Helfrich kan hierdie soort optrede strafregtelike gevolge vir die een inhou wat die leuen of gerug versprei.

“Iemand wat vals voorgee dat hy ’n slagoffer van geweld of ’n misdaad is, kan ook vervolg word,” sê sy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.