Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Veiligheidswenke vir kinders

In die lig van nasionale Kinderbeskermingsweek deel die Saldanha-polisiekantoor die volgende veiligheidswenke met kinders:

• Ken jou woonadres, asook jou ma of pa se telefoonnommer.

• Moenie alleen rondloop nie. Vat altyd ’n grootmens saam en as dit nie anders kan nie, laat weet altyd ’n verantwoordelike volwassene waarheen jy gaan en hoe laat jy gaan terug wees.

• Moenie met vreemdelinge praat of geskenke soos lekkers van hulle aanvaar nie. Moet nooit dat ’n vreemde oom of tannie jou na hul motor of huis lok nie.

• Wanneer jy in gevaar is, bel dadelik die noodnommer 10111. Memoriseer hierdie nommer en stoor dit op jou foon (as jy een het).

• Moet nooit dat enigiemand aan jou privaatdele raak nie. Jy mag ook nooit aan ander mense se privaatdele vat nie.

• Sommige grootmense maak kinders met die polisie bang as hulle stout is. Kinders hoef nie vir die polisie bang te wees nie. Hulle wil jou veilig hou en jou help. As jy nie met mamma of pappa oor iets kan of wil praat nie, moenie bang wees om met enige polisiebeampte te gaan gesels as iets jou pla nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.