Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Velddrif-kunste leef weer

Kunstenaars en kunsliefhebbers het bymekaargekom om plaaslike talent by die eerste Velddrif-kunsuitstalling aangebied deur Simply Art & Gallery en die dorp se toerismekantoor te aanskou.

Die uitstalling, wat Donderdag by Charlie’s in Port Owen gehou is, was die afsluiting van ’n maand lange kunskompetisie.

Volgens Iris van Dyk, die eienaar van Simply Art en die organiseerder van die geleentheid, kon kunstenaars in enige skildermedium deelneem. Elke paar maande is ’n ander tema gekies en ’n wenner is hieruit gekies.

Die wenner van die Rustic Karoo-kategorie was Jenny Windgrove, die Shabby Chic Flowers-uitblinker was Rina Minne en Dawie du Toit het die tema van West Coast Charm sy baas gemaak.

Die kunstenaar Jan Jordaan van Vredenburg was die seremoniemeester by die geleentheid en het ook ’n kunsdemonstrasie gedoen met dié skildery wat ten bate van die FDSA-jeugsentrum in Velddrif opgeveil is.

Chevon Ellis, ’n plaaslike toerismebeampte, meen die kunsuitstalling is ’n uitstekende manier om Velddrif en sy kunstige inwoners te bemark. “Ons het vroeër jare ’n soortgelyke projek gehad, maar dit het die afgelope paar jaar doodgeloop. Daar is soveel talent hier in die gebied en vanaand se aanbieding is eintlik net ’n druppel in die emmer,” meen sy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.