Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Verfrissende Pimm’s vir Kersfees

Dit is somervakansie en Kerstyd, so vergeet eers van die koue witwyntjie en probeer iets anders vir die warm dae.

Benewens gradeplegtighede en huweliksherdenkings was Kerstyd die enigste ander tyd wanneer bubbly gedrink is, maar deesdae kan hierdie verfrissende drankie elke dag gedrink word, veral op warm somersdae. Probeer gerus hierdie Pimm’s- en rosé-resep.

Bestanddele:

1 hand vol vars kruisement

1 komkommer in skywe of “lintjies” gesny (gemaak met ’n skilmes)

1 bakkie aarbeie, in skywe gesny

2 lemoene

2 lemmetjies

1 lemoen se sap

2 koppies Pimm’s No. 1

750 ml vonkelrosé

Metode:

Vul ’n glasbeker (’n “punch bowl” sal beste werk) met die aarbeie, komkommerskywe, vars kruisement, le­moen­­skywe en lem­metjie­skywe. Hou ’n aarbei of kruise­mentblaar vir garne­ring vir die glase.

Voeg die lemoensap, Pimm’s en rosé by en roer. Wanneer jy die drankie voorsit, maak seker daar is ys en van die vrugte in elke glas. Die rosé kan met limonade vervang word indien jy die borrels, maar minder alkohol wil hê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.