Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Verkeersman in hof weens ‘besit van perlemoen’

Perlemoen is in die besit van ’n provinsiale verkeersbeampte van Vredenburg gevind.

Volgens kapt. Tania Helfrich, woordvoerder van die Vredenburg-polisie, het die verkeersbeampte, Tyron Pheiffer (36), Maandag al ’n tweede keer in die hof verskyn. Hy moet Dinsdag 19 Februarie weer in die hof verskyn.

Lede van die seegrenseenheid het in die feestyd altesaam 45 eenhede perlemoen in ’n koelboks agter op die bakkie gevind waarin Pheiffer en Heinrich du Toit (40) gery het. Die beamptes het die bakkie in die Vredenburg-omgewing afgetrek.

Hoewel Pheiffer glo net ’n passasier in die bakkie was en die voertuig blykbaar aan Du Toit behoort, het ’n vertroulike bron aan Weslander gesê die owerhede vermoed al lankal Pheiffer is by smokkelbedrywighede betrokke, maar kon dit nog nie bewys nie.

Des Paton, hoof van die provinsiale verkeersdepartement in Vredenburg, sê ’n interne proses sal deur die hoofkantoor gevolg word om die voorval te ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.