Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Versorg troeteldiere só in die hitte

Die Weskus en Swartland het nou die eerste voorsmakie van die bloedige hitte gehad. Net soos die meeste mense warm kry, kry jou troeteldiere ook warm en kan dié toestande tot hitte-uitputting en selfs die dood lei.

Die Swartland-dierebesker­m­ings­­vereniging (DBV) gee die volgende wenke oor hoe om hierdie somer na jou troeteldier om te sien:

. Indien moontlik, hou jou troeteldiere in die huis wanneer dit te warm raak. As jy nie kan nie, maak seker hulle het genoeg skaduwee waar hulle kan rus.

. As jy voëls, konyne of ander troeteldiere in ’n hok het, skuif die hok in die skaduwee. Maak ook seker dat jy die hok die hele dag agter die skaduwee aan skuif sodat die son nie regstreeks daarop skyn nie.

. Maak seker jou troeteldier het genoeg skoon water. Gooi ys in die water om dit koud te hou.

. As jou troeteldier nie dadelik eet nie, hou die kos koel en probeer hom later voer. Moenie die kos in die hitte los nie. Jy kan jou troeteldiere ook met ’n ysblokkie-happie waarin jy ’n stukkie vleis of vrug vries, trakteer.

. Moenie jou diere in ’n motorhuis, motor of toe vertrek los nie. Dit kan vinnig warm word en ernstige nagevolge hê.

. Mense wat met hul honde stap, moet dit vroegaand of vroeg in die oggend doen. Pla­vei­sels, teer en die sypaadjies kan baie warm word en hul pote brand. Neem water saam as hulle dalk dors word.

. As jou hond of kat kortasem is en sy tong hang uit, neem hom dadelik na ’n koel plek en gee vir hom water om te drink. As jy moet, gooi die water in sy mond.

. As jou hond tekens van oorverhitting toon, vul ’n bad of opblaasswembad en sit hulle in die water om af te koel. As jou diere steeds tekens van hitte-uitputting toon, bel jou naaste DBV of veearts.

. Swartland-dierebesker­mings­vereniging: 022 492 2781.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.