Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vier gou weer voor ná grondtransaksie

Vier mans het in die hof verskyn nadat hulle na bewering gedeeltes van plase wat hulle in die staat se grondhervormingsprogram ontvang het, vir meer as R8 miljoen verkoop het. Volgens kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, is Ralph Trevor Damonse (57), Isak Albertus Saal (48), Reginald le Fleur (62) en Manuel Cohen (66) gedagvaar om op 29 Maart in die handelshof in Bellville te verskyn. Hulle het glo die grond onder valse voorwendsels van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming bekom. Om veiligheidsredes is die plase se name nie bekend gemaak nie. Die een plaas, ter waarde van R5,6 miljoen, is in St. Helenabaai en die ander, ter waarde van R3 miljoen, in Vredendal. Die saak is tot 24 Mei uitgestel. – Netwerk24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.