Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vier vas oor dwelms in kar

Vier verdagtes is Donderdag 13 Febru­arie in hegtenis geneem nadat dwelms in hul besit gevind is.

Volgens Moorreesburg-polisiewoord­voerder, sers. Nicolette Visagie, het hulle inligting ontvang oor ’n Toyota Avanza wat van Piketberg onderweg is Kaap toe om dwelms te gaan haal. Later dieselfde dag is die betrokke voertuig in Piketbergweg in Moorreesburg deur lede van die Moorreesburg-polisie raakgesien en voorgekeer. Die bestuurder is vir sy rybewys gevra wat hy nie kon toon nie. Die motor met vier insittendes – twee mans en twee vroue –is deursoek.

’n Sak met dagga is in die voertuig gekry. By nadere ondersoek is tik ook in een van die vroue se besit gevind. Die geskatte waarde van die tik beloop R12 500 en die dagga R2 700.

Die vier verdagtes, onderskeidelik 18, 35, 36 en 63 jaar oud, is almal in hegtenis geneem en het die volgende dag (14 Februarie) in die Moorreesburg-landdroshof op aanklag van handel in dwelms verskyn.

Die Milnerton-klusterbevelvoerder, genl. Aneeqah Jordaan, en die Moorreesburg-stasiebevelvoerder, lt.kol. Bertus Conradie, het die polisiebeamptes vir hul goeie werk geprys.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.