SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Nuus
Vir ’n dier het sy altyd plek

Sy is ’n groot diereliefhebber en doen alles in haar vermoë om diere te versorg en te red.

Joey van der Merwe (59) van Porterville se liefde vir diere ken geen einde nie. Sy is oorspronklik van Tulbagh en was 10 jaar oud toe dié dorp deur ’n aardbewing getref is.

Nadat sy haar hoërskoolloopbaan voltooi het, het sy na Porterville verhuis waar sy by Standard Bank begin werk het.

“Ek het my man, Schalk, dáár ontmoet en die koeël was deur die kerk. Hy is ’n boer en ons het in dieselfde jaar nog die knoop deurgehak. Ons het baie diere op ons plaas gehad en mettertyd het ek by die boerdery betrokke geraak,” vertel sy.

En soos by enige plaas het weesdiertjies versorging nodig gehad.

“Ek het baie van hulle huis toe geneem en met genoeg liefde en versorging het dié weerlose diere ’n tweede kans gekry,” sê Joey.

Volgens haar het sy gou besef die Porterville-omgewing het ’n dringende behoefte aan dieresorgdienste.

“As ek ’n verwaarloosde dier sien, neem ek hom dadelik in my sorg. Dit het met die jare al ’n gewoonte geword om troeteldiereienaars te help om hul diere te versorg. Toe die behoefte groter word, het ek die munisipaliteit om hulp genader.”

Sy het nou saam met wetstoepassers en veeartse gewerk om rondloperdiere te help en goeie huise vir hulle te kry.

“Elke dier verdien ’n liefdevolle eienaar of gesin wat hulle kan versorg,” sê sy.

Intussen het Berryl-Anne du Plessis en Minette Cronjé van Paws Piketberg-dieresorg, ’n organisasie sonder winsbejag, Joey gevra om vir hulle te kom werk.

“Ek was bly om te help om sodoende die groeiende probleem van verwaar­loosde diere in ons dorp op te los. Selfs plaaslike sakeondernemings en gemeenskapslede het aangebied om met kos en komberse te help,” sê sy.

Die Dierebeskermingsvereniging in Velddrif bied ook een keer per maand sy dienste in Porterville aan en Joey staan dié organisasie by met raad, huisbesoeke en die aanneming van diere.

Sy vra die breë Swartland-gemeen­skap om hande te vat om mekaar te help, want só kan hulle meer bereik.

”Ek behoort aan geen organisasie nie en doen dié werk uit die liefde van my hart. Ek is dankbaar vir die veeartse wat altyd bereid is om ons te help.

“Glo my, dis nie altyd maklik nie, veral nie as jy nie die geld het nie.”

Enigiemand wat ’n skenking wil doen, kan die plaaslike DBV by 022 492 2781 skakel of Joey by 073 644 1483 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.