Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Viskoekies met kruiesous

Viskoekies is ’n staatmaker en hierdie resep word gemaak met snoek, maar enige witvis sal werk.

Viskoekies:

3 aartappels, geskil en in klein blokkies gesny

Ongeveer 700 g gaar of gerookte snoek

Sout en vars gemaalde swart­peper na smaak

10 ml gekapte, vars dille

10 ml gekapte, vars pietersielie

2 eiers, liggies geklits

Sap en fyngerasperde skil van ’n halwe suurlemoen

Mieliemeel, om te bestuif

Olie, vir braai

Kruiesous

2 knoffelhuisies, fyn gekap

15 ml kappertjiesaad

45 ml gekapte, vars dille

30 ml gekapte, vars pietersielie

30 ml gekapte, vars kruisement

3 ml Dijon- of Engelse mosterd

90 ml olyfolie

45 ml suurlemoensap of wit druiwe-asyn

Metode:

Kook die aartappelblokkies in soutwater tot sag. Dreineer goed. Druk aartappels fyn (die fynaartap­pels moet styf en droog wees) en meng dit met die snoek.

Geur met sout en peper na smaak. Voeg die dille, pietersielie en eiers by, geur met suurlemoensap en meng deur. Vorm sowat 12 viskoekies met die palm van jou hand, of gebruik ’n koekiedrukker en plaas op ’n skinkbord met ’n lagie mieliemeel.

Draai die koekies om en rol die kante ook in mieliemeel. Verkoel vir 15 minute om dit ferm te maak sodat dit nie breek met die gaarmaak nie.

Meng alles vir die kruiesous saam en hou eenkant. Verhit olie in ’n pan en braai viskoekies, ’n paar op ’n slag, tot bruin aan die onderkante.

Draai dit met ’n eierspaan om en braai ook aan die ander kant tot goudbruin. Sit voor met suurle­moen­wiggies en die kruiesous.

Lewer 12 viskoekies (6 porsies).

Arina du Plessis /Landbouweeklblad

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.