Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vissers voel ‘ingeloop’

’n Groep vissers van Langebaan sê hulle voel “ingeloop” deur hul kollegas wat onlangs ’n werksessie geboikot het.

Ismail Slarmie en van sy kollegas het Weslander gena­der na aanleiding van ’n geval waar sekere vissers in die dorp ’n onlangse werksessie met die departement van vis­serye bygewoon het. Slarmie en 18 ander vissers het by die plaaslike Thusong-sentrum in September bymekaargekom om uit te vind hoe om koöperasies te stig.

Koöperasies is ’n instelling wat die departement implemen­teer sodat kleinskaalse vissers saam koöperasies kan stig en só hul vangste kan vang, bemark en verkoop. Soortgelyke werksessies is reeds deur die departement in die Oos-Kaap voltooi.

Ander vissers het egter gemeen die opleiding was nie voldoende nie. Vissers wat verbind is tot Masifundise, ’n organisasie wat hom beywer vir die regte van bestaans­vissers, het met plakkate buite die sentrum hul misnoeë teen die opleiding getoon.

“Ondanks die vergadering wat twee weke gelede by die departement gehou is, steun Masifundise die standpunt wat Langebaan-vissers inneem om die departement nie toe te laat om met die registrasie van die koöperasies voort te gaan totdat fundamentele kwessies soos die uitsluiting van tradisionele vissers opgelos word nie,” het die organisasie gesê.

Vissers soos Slarmie en Herman Conrad stem egter nie saam nie.

“Ons wil die opleiding hê van die department. Die vissers het saam met Masifundise die besluit geneem oor die programme wat die departement gaan implementeer, nou lyk dit hulle kom met hul eie agenda,” meen Herman Conrad, wat 30 jaar reeds ’n visser is.

Slarmie en sy kollegas sê Masifundise praat nie vir hulle nie en verteenwoordig nie werklik hul belange nie.

Sessies is ook in Saldanhabaai, Laingville, Hopefield, Laaiplek en Paternoster gehou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.